Vin­ger sit De­an nie af ‘Ter­ri­ër’ lús vir Man­ches­ter

EL­GAR PLAAS PRO­TE­AS EER­STE

Beeld - - Sport - En­ge­land se groep:

“Om X-straal­fo­to’s te laat neem, is net ’n ver­mor­sing van geld. Ek weet tog die vin­ger is waar­skyn­lik ge­kraak, dalk ge­breek. Maar ek sal be­slis in die vier­de toets kolf, as ek ge­kies word.”

Aan die woord is De­an El­gar, Pro­tea-aan­vangs­kol­wer, kort na­dat die span eer­gis­ter die der­de krie­ket­toets teen En­ge­land op die O­val in Lon­den met 239 lo­pies ver­loor het.

El­gar se veg­ters­beurt van 136 lo­pies was by­kans al lig­punt in ’n te­leur­stel­len­de kolf­ver­to­ning deur die be­soe­kers.

Hy het lan­ger as vyf uur voor die pen­ne vas­ge­byt na­dat Ben S­to­kes hom Son­dag laat­mid­dag met sy tel­ling op 72 op die lin­ker­wys­vin­ger raak­ge­boul het.

Die links­han­di­ge wil­ger­lat­swaai­er se in­druk­wek­ken­de beurt is uit­ein­de­lik deur die draai­er Moeen Ali be­ëin­dig, wat toe som­mer met ’n d­rie­kuns van Ka­gi­so Ra­ba­da en Mor­né Mor­kel ont­slae ge­raak het en die se­ge só be­klink het. Dit het ver­se­ker dat die span met 2-1 in die reeks van vier toet­se voor­loop.

So, sal hy in die vier­de toets wil speel, seer vin­ger en al?

“Ek sal be­slis wil kolf, ja. Dis maar deel van die spel en jy moet die lyf­houe saam met die kolf­houe vat,” sê El­gar.

“Ui­ter­aard wil ’n mens nie raak­ge­boul word nie. Maar as dit wel ge­beur, plaas dit my am­per in ’n an­der ge­dag­te­gang, as­of die uit­da­ging gro­ter is om vas te byt en my paal­tjie te be­skerm.

“Dis se­ker maar vir e­ni­ge aan­vangs­kol­wer so. Jy moet na die gro­ter prent­jie kyk en wat jy in die om­stan­dig­he­de kan by­dra.”

As aan­vangs­kol­wer her­in­ner El­gar baie aan Gra­e­me S­mith. Of­skoon die twee se speel­styl ver­skil, is al­bei soos ter­ri­ërs voor die pen­ne.

Nes S­mith des­tyds, plaas El­gar ’n hoë pre­mie op sy paal­tjie, veel ho­ër as die be­geer­te om aan­skou­li­ke houe uit te stal en die ska­re te ver­maak.

Nie­te­min het die toe­skou­ers hom staan­de toe­ge­juig toe hy uit­ein­de­lik die knie ge­buig het. El­gar se 144 lo­pies in twee beur­te is vier meer as die lo­pies wat die res van die kol­wers in die Pro­te­as se top-ses sáám in dié toets be­haal het.

En hoe voel hy oor sy stryd met S­to­kes?

“Dís wat toets­krie­ket die bes­te maak,” sê hy son­der skroom. “Daai oom­blik­ke wat jy as laai­tie op TV ge­sien het, as die ska­re ’n bou­ler se naam dreun­sing ter­wyl hy in­storm.

“As kol­wer lééf ek vir sul­ke oom­blik­ke. Dis ’n on­ge­loof­lik lek­ker uit­da­ging om teen ie­mand te staan te kom wat jou met die bal wil in­ti­mi­deer.

“S­to­kes is ’n spe­ler vir die groot oom­blik, ’n veg­ter, ’n span­man. So ek ge­niet ons twee­stryd som­mer baie.”

Die vier­de toets in die reeks, een wat die Pro­te­as moet wen om die reeks ge­lyk­op te laat ein­dig, be­gin Vry­dag op Old Traf­ford in Man­ches­ter.

Dis nog on­se­ker of El­gar wel met die ei­na-vin­ger ge­kies gaan word en of sy suk­ke­len­de aan­vangs­maat, Hei­no Kuhn, nog ’n kans gaan kry.

En­ge­land het in­tus­sen die naat­bou­ler S­te­ven Finn by sy groep in­ge­sluit in die plek van die be­seer­de Mark Wood.

Toby Ro­land-Jo­nes het sy de­buut op die O­val ge­maak en saam met die blits­bou­lers James An­der­son en S­tu­art Bro­ad ge­skit­ter.

Ro­land-Jo­nes, Finn se Midd­le­sex-span­maat, het agt paal­tjies in sy eer­ste toets ge­neem, ter­wyl sy me­de-de­bu­tant, Tom We­st­ley, op nr. 3 in die kolf­lys met 59 in die twee­de beurt uit­ge­blink het.

En­ge­land se af­rig­ter, T­re­vor Bay­liss, glo eg­ter sy span kan met een min­der er­ken­de kol­wer klaar­kom op Old Traf­ford, aan­ge­sien hy peil kan trek op sy veel­sy­di­ge spe­lers S­to­kes en Ali.

“Ek dink nie ons het meer as se­we kol­wers no­dig nie. S­to­kes, Jon­ny Bair­stow (paal­tjie­wag­ter) en Moeen bied vir ons ste­wi­ge op­sies met die kolf.”

Da­wid Ma­lan, wat net 11 lo­pies in sy eer­ste toets by­ge­dra het, en die aan­vangs­kol­wer Ke­a­ton Jen­nings is on­der groot druk. Een van hul­le se kop kan straks rol om in Man­ches­ter vir die twee­de draai­bou­ler, Li­am Daw­son, plek te maak.

■ Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Tom We­st­ley, Joe Root (k), Da­wid Ma­lan, Ben S­to­kes, Jon­ny Bair­stow (paal­tjie­wag­ter), Moeen Ali, Toby Ro­land­Jo­nes, S­tu­art Bro­ad, James An­der­son, Li­am Daw­son, S­te­ven Finn.

Fo­to: REUTERS

De­an El­gar het on­danks ’n seer vin­ger, wat moont­lik selfs ge­breek is, ’n veg­ters­beurt soos min teen En­ge­land in die der­de toets op die O­val ge­speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.