Da­le reg om Tie­re te tem?

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die Pro­tea-voor­slag­bou­ler Da­le S­teyn gaan nie meer in En­ge­land sy te­rug­keer tot die krie­ket­veld maak nie.

Die 34-ja­ri­ge S­teyn het met Krie­ket Suid-A­fri­ka se prys­uit­de­ling, waar hy sy ont­trek­king aan Suid-A­fri­ka A se toer na En­ge­land be­kend ge­maak het, ge­noem dat hy dalk vir ’n graaf­skap kan gaan speel om te wys hy is reg vir die toets­reeks teen Bangla­desj wat ein­de Sep­tem­ber be­gin.

Dave Rund­le, sy a­gent, het in­tus­sen be­ves­tig hy gaan nie meer En­ge­land toe nie.

S­teyn het aan die be­gin van No­vem­ber in die eer­ste toets teen Aus­tra­lië ’n been­tjie in sy skou­er ge­breek.

“Hy maak goeie vor­de­ring en sal gou te­rug wees. Ons kop­pel nie e­ni­ge tyd daar­aan nie, maar kan sê hy sal bin­ne­kort weer boul,” sê Rund­le.

S­teyn was ver­le­de maand by die Oak­ley X-O­ver-by­een­koms in Jef­freys­baai in ak­sie waar deel­ne­mers aan ’n berg­fiets­wed­ren oor 15 km, ’n bran­der­plank­ry-kom­pe­ti­sie en ne­ge put­jies gholf deel­ge­neem het.

S­teyn (417 paal­tjies in 85 toet­se) be­no­dig net vyf paal­tjies om te ver­be­ter op die re­kord­ge­tal kop­pe wat S­haun Pol­lock in sy loop­baan laat rol het.

Bangla­desj gaan op sy toer in Suid-A­fri­ka net in twee toet­se teen die Pro­te­as speel. Dit is se­dert 2002 slegs sy der­de toer na Suid-A­fri­ka wat ’n toets­reeks in­sluit.

Die Tie­re was in dáár­die jaar in toet­se in Oos-Lon­den en Pot­chef­stroom teen Suid-A­fri­ka in ak­sie, ter­wyl 2008 se twee in Bloem­fon­tein en Cen­tu­ri­on be­slis is.

Die Pro­te­as het in al vier die toet­se net een keer ge­kolf.

Pot­chef­stroom en Bloem­fon­tein gaan nou ’n twee­de keer gas­heer vir Bangla­desj se toets­span speel.

Die eer­ste toets be­gin op 28 Sep­tem­ber in Pot­chef­stroom en die twee­de op 6 Ok­to­ber in Bloem­fon­tein.

Die span­ne speel in Ok­to­ber ook in drie een­dag­wed­stry­de in Kim­ber­ley, die Paarl en OosLon­den, waar­na die twee T20­wed­stry­de weer in Bloem­fon­tein en Pot­chef­stroom be­slis word.

Die Tie­re kan vol­gen­de maand met ’n Aus­tra­lie­se troef­kaart in hul ge­le­de­re in SuidA­fri­ka aan­kom.

Die voor­ma­li­ge Aus­sie-by­breek­bou­ler S­tu­art Ma­cGill is vol­gens es­p­n­cri­cin­fo.com die voor­lo­per om die span se draai­ers van­dees­maand teen Aus­tra­lië en daar­na in Suid-A­fri­ka by te staan.

Bangla­desj was in 100 toet­se nog net ne­ge keer aan die wen­kant.

Fo­to: GALLO IMAGES

Da­le S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.