Dis twak, sê Lor­gat oor ‘T20­knoei­e­ry’

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Ha­roon Lor­gat, die uit­voe­ren­de hoof van K­rie­ke­t­Suid-A­fri­ka (KSA), het gis­ter vu­re dood­ge­slaan na­dat hy deur ’n web­tuis­te van ten­der­knoei­e­ry be­skul­dig is.

Lor­gat is by die be­kend­stel­ling van die Bloem­fon­tein­se fran­chi­se wat in die nu­we T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL) gaan speel, ge­vra oor be­we­rin­ge op C­ri­cbuzz dat die reg­te ten­der­pro­ses nie ge­volg is toe on­der­han­del is oor die uit­saai­reg­te vir die kom­pe­ti­sie nie.

Voorts sê die be­rig Krie­ket Suid-A­fri­ka se fi­nan­si­ë­le hoof, Naas­ei Ap­pi­ah, is glad nie by die on­der­han­de­lin­ge be­trek nie, al sou dit ’n we­sen­li­ke in­vloed op KSA se fi­nan­sies hê. Dít het glo tot groot on­min tus­sen hul­le ge­lei.

Daar word ook be­weer dat Lor­gat ver­le­de week ty­dens ’n te­le­foon­kon­fe­ren­sie deur van die raads­le­de ge­vra is om te be­dank.

Lor­gat het oor­bluf voor­ge­kom oor dié be­we­rin­ge.

“Ek is nooit ge­vra om te be­dank nie, dis nuus vir my,” het hy ge­sê.

Oor ’n ver­de­re be­we­ring dat van die fran­chi­ses vir die T20GL nog nie ver­koop is nie – al het KSA vroe­ër so ge­sê op ’n glans­ge­leent­heid in Lon­den – het Lor­gat ge­sê dis on­sin.

“Dit is ab­so­lu­te non­sens, hul­le het al­mal ver­le­de week se be­plan­ning­ses­sie in Du­bai by­ge­woon,” sê Lor­gat.

’n Woord­voer­der van KSA het be­ves­tig ver­teen­woor­di­gers van al agt fran­chi­ses was die na­week in Du­bai vir dié ses­sie.

Chris Nen­za­ni, p­re­si­dent van KSA, sê in die be­rig die be­heer­lig­gaam is nie van plan om te re­a­geer op na­vrae ge­grond op in­lig­ting wat van ge­sig­lo­se in­di­vi­due kom nie.

Hy sê in­dien KSA reg­ma­ti­ge in­lig­ting het om be­kend te maak, sal hy dit deur mid­del van ge­wo­ne ka­na­le doen.

Lor­gat het ge­sê hy sal mô­re ’n nuus­kon­fe­ren­sie hou om al­le vrae oor dié kwes­sie te be­ant­woord.

Fo­to: GALLO

Ha­roon Lor­gat, KSA se uit­voe­ren­de hoof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.