Jor­daan vat oor as Pro­te­as se brei­er

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Die sir­kel word nou vol­tooi, sê die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se net­bal­kap­tein El­sjé Jor­daan oor haar aan­stel­ling as hoof­af­rig­ter van die na­si­o­na­le span.

Jor­daan is tot ein­de 2019 in die rol aan­ge­stel.

Die Aus­tra­li­ërs Nor­ma Plum­mer en Nicole Cu­sack is steeds Net­bal Suid-A­fri­ka (NSA) se “kon­sul­tant-af­rig­ters”.

Jor­daan kry dus die ge­leent­heid om tot 2019 se Wê­reld­be­ker­toer­nooi in En­ge­land by hul­le te leer.

Aus­tra­lië het on­der Plum­mer se af­rig­ting in 2007 en 2011 die wê­reld­ti­tel ge­wen.

“Ek was ’n Suid-A­fri­kaan­se spe­ler en kap­tein en nou ’n af­rig­ter. Dit is ’n voor­reg en ek is op­ge­won­de oor die voor­uit­sig om op die hoog­ste vlak te kan af­rig,” het Jor­daan gis­ter oor haar aan­stel­ling ge­sê.

“Ek hoop ek kan waar­de toe­voeg en ’n ver­skil maak.”

Jor­daan (41) het reeds ty­dens 2015 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi as die Pro­te­as se teg­nie­se ont­le­der nou saam Plum­mer-hul­le ge­werk. Sy het eg­ter tóé nie op die af­rig­ters­bank ge­sit nie.

Haar amp­te­li­ke aan­stel­ling geld eers van Ja­nu­a­rie, maar sy sal reeds van­dees­maand met die Pro­te­as werk.

Die Pro­te­as speel in Au­gus­tus en Sep­tem­ber in Aus­tra­lië in ’n vier­hoe­ki­ge reeks teen Aus­tra­lië, Nieu-See­land en En­ge­land. Daar­na wag twee toet­se teen Fidji.

Jor­daan was vroe­ër van­jaar die af­rig­ter van die Gau­teng­se Fi­re­balls, wat die half­eind­ron­de van die na­si­o­na­le P­re­mier­liga ge­haal het.

Sy sal soos ver­le­de jaar ook die brei­er wees van Suid-A­fri­ka se Fast5-span, wat in Ok­to­ber in Mel­bour­ne deel­neem.

Die Gau­ten­ger het 88 in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de vir SuidA­fri­ka ge­speel, waar­van 48 toet­se was. Sy was die na­si­o­na­le kap­tein van 2002 tot 2004.

Fo­to: BACKPAGEPIX

El­sjé Jor­daan is die nu­we hoof­af­rig­ter van die SuidA­fri­kaan­se net­bal­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.