Son­ny Bill moet nóg lan­ger wag om lot te hoor

Beeld - - Sport -

Die ge­skors­te All Black­sen­ter Son­ny Bill Wil­li­ams sal nóg lan­ger moet wag om te hoor of hy wel in Nieu­See­land se o­pe­nings­wed­stryd van die Rug­by­kam­pi­oen­skap mag speel.

Die on­af­hank­li­ke ko­mi­tee wat gis­ter Wil­li­ams se ap­pèl aan­ge­hoor het teen ’n be­sluit deur Wê­reld­rug­by dat hy nie op 19 Au­gus­tus teen die Wal­la­bies in Syd­ney mag uit­draf nie, het uit­spraak voor­be­hou.

Dié sen­ter dien ’n skor­sing van vier wed­stry­de uit na­dat hy die B­rit­se en Ier­se Leeus­vleu­el An­tho­ny Watson in die twee­de toets van die reeks teen die All Blacks met die skou­er in die ge­sig ge­loop het.

Wil­li­ams het reeds twee wed­stry­de mis­ge­loop en ge­hoop dat ’n proef­wed­stryd vir sy pro­vin­sie en ’n All Black­oe­fen­wed­stryd sou deug vir die res. Wê­reld­rug­by het ai­kô­na ge­sê, waar­na Wil­li­ams ap­pèl aan­ge­te­ken het. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.