Brum­bies se Cu­bel­li gaan huis toe na Ja­gua­res

Beeld - - Sport -

Die Poe­ma­skrum­ska­kel To­mas Cu­bel­li is op pad huis toe om hom by die Ja­gua­res aan te sluit na­dat sy Su­per­rug­by­loop­baan by die Brum­bies deur be­se­rings ge­ken­merk is.

Cu­bel­li (28), wat 58 toet­se vir Ar­gen­ti­nië ge­speel het, is in 2016 na die Brum­bies ge­lok, maar het net 18 wed­stry­de in twee sei­soe­ne vir die Aus­sies ge­speel.

’n Erns­ti­ge knie­be­se­ring het hom vir mees­te van die hui­di­ge sei­soen langs die kant­lyn ge­hou.

Die buk­sie se ver­trek laai meer ver­ant­woor­de­lik­heid op die skou­ers van die jong Joe Po­well, ’n spe­ler wat in die Ar­gen­tyn se af­we­sig­heid goed ver­toon en sy bui­ging vir die Wal­la­bies in Ju­nie ge­maak het.

Die Brum­bies neem ook af­skeid van die flank Chris Al­cock, wat sy loop­baan in Ja­pan gaan voort­sit.

David Po­cock sal Al­cock se plek vol­staan wan­neer hy vol­gen­de jaar ná sy sab­bats­ver­lof na Can­ber­ra te­rug­keer. – Reuters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.