Brei­ers van En­gel­se vrou­e­span help krie­ket­mans

Beeld - - Sport -

Die af­rig­ting­span wat En­ge­land se vrou­e­krie­ket­span on­langs na Wê­reld­be­ker­glo­rie help voer het, gaan van­dees­week ook hand­jie by­sit by die mans se span.

Die vroue se hoof­af­rig­ter, Mark Ro­bin­son, en sy as­sis­tent Ali Me­a­den gaan tyd op die oe­fen­veld met die En­gel­se toets­span deur­bring. Die En­gel­se pak Suid­A­fri­ka van oor­mô­re af in die vier­de toets in Man­ches­ter. Ro­bin­son het uit­ge­brei­de ken­nis van die mans se spel. Hy het Sus­sex twee keer na die graaf­skap­s­kroon ge­brei in die ne­ge jaar dat hy hul­le af­ge­rig het.

Suid­A­fri­ka, wat Maan­dag op die O­val met 239 lo­pies slae ge­kry het, moet op Old Traf­ford wen om ’n reeks­ne­der­laag af te weer. En­ge­land loop met 2­1 voor.

En­ge­land se vrou­e­span het In­dië on­langs in die eind­stryd van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­klop. – BBC

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.