Ki­wi's haal (wéér) hul gif­pen­ne uit vir Peyper

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Nieu-See­land­se me­dia het hul ver­sko­ning al klaar ge­reed in­dien die Leeus die Cru­sa­ders Sa­ter­dag met leë han­de huis toe stuur ná die Su­per­rug­by-eind­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Daar­die ver­sko­ning se naam is Jaco Peyper.

Na­dat dié Bloem­fon­tein­se pro­ku­reur deur San­zaar be­loon is vir sy puik ver­to­nings met die fluit­jie in van­jaar se Su­per­reeks deur hom aan te stel vir die eind­stryd, het die gal­bra­ke­ry in die Ki­wi-me­dia om­trent da­de­lik be­gin.

G­re­gor Paul skryf in die New Ze­a­land He­rald deur Peyper aan te stel as die 31ste man op die veld, is soos om die reeks in ’n mi­kro­golf­oond te gooi en dit dan op sy hoog­ste te stel en te wag vir die he­le af­fê­re om te ont­plof in een groot ge­mors.

Vol­gens hom is dit ver­re­gaan­de om nie ’n neu­tra­le skeids­reg­ter vir die eind­stryd aan te wys nie.

Hy glo die Aus­tra­li­ër Angus Gard­ner moes die skeids­reg­ter ge­wees het en nog ’n Aus­sie, George Ayoub, die TV-skeids­reg­ter. Paul meen Ayoub is glad nie sleg as ’n TV-skeids­reg­ter nie.

Paul ver­geet ge­rief­lik­heids­hal­we daar­van dat G­len Jack­son, ’n Nieu-See­lan­der, die skeids­reg­ter was in ver­le­de jaar se eind­stryd tus­sen die Hur­ri­ca­nes en die Leeus in Wel­ling­ton.

An­dy Ma­ri­nos, uit­voe­ren­de hoof van San­zaar, het Peyper se aan­stel­ling ver­dui­de­lik deur te sê dit is die be­lo­ning om­dat hy uit­ge­staan het as die voor­ste skeids­reg­ter in die reeks.

Jack­son en Ma­ri­us van der West­hui­zen is die as­sis­tent­skeids­reg­ters, met Ma­ri­us Jon­ker die TV-skeids­reg­ter.

Die He­rald vind dit ook ver­re­gaan­de dat drie Suid-A­fri­ka­ners deel van die wed­stryd­be­amp­tes uit­maak en meen Jack­son is net by­ge­voeg om ba­lans te pro­beer bring.

In Nieu-See­land is daar nog groot bit­ter­heid dat Peyper die af­ge­lo­pe na­week in die half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes vir Beau­den Bar­rett met ’n geel­kaart ge­straf het en ook om­dat die drieë van Ja­c­ques van Rooy­en en Mal­colm Marx nie na die TV-skeids­reg­ter ver­wys is om se­ker te maak dat die bal wel ag­ter die doel­lyn ge­plant is nie.

André Watson, ’n voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se skeids­reg­ter­baas, het gis­ter ge­sê hy wil hom nie uit­laat oor Peyper se aan­stel­ling nie.

Tog het hy ge­sê hy weet van geen skeids­reg­ter wat doel­be­wus be­voor­oor­deeld sal wees nie.

“Ek glo ook hy (Peyper) is be­slis goed ge­noeg om die druk te ver­werk wat daar op hom sal wees.

“S­keids­reg­ters be­sef ook dat as hul­le selfs net daar­aan sou dink om be­voor­oor­deeld te wees, hul­le daar­mee heen is,” het Watson ge­sê.

“Dit is ook maar net ’n per­sep­sie van die pu­bliek dat ’n skeids­reg­ter sal dink dat hy eer­der stren­ger moet wees teen die span van die land waar­van hy af­koms­tig is en dat die oor­se­se span voor­deel daar­uit sal trek.

“Op daar­die hoë vlak han­teer die skeids­reg­ter die wed­stryd soos dit voor hom af­speel en niks an­ders kom in sy kop nie,” meen Watson.

Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, sê ook Peyper het hom­self be­wys as die bes­te skeids­reg­ter in Su­per­rug­by en hy ver­dien die eer om die eind­stryd te han­teer.

“Hy sal weet hoe om só ’n wed­stryd te han­teer. Ver­le­de jaar met ’n Nieu-See­land­se skeids­reg­ter in be­heer van die eind­stryd toe ons daar gaan speel het, het ons geen klag­tes ge­had nie,” het hy ge­sê.

Uit die Cru­sa­ders-kamp is die nuus dat hul­le ook nie pro­ble­me het met Peyper se aan­stel­ling nie. Hy was van­jaar in be­heer van sa­ke toe hul­le die Hur­ri­ca­nes met 20-12 in Chris­t­church ge­klop het, en ver­le­de jaar het hy die fluit­jie han­teer in die Cru­sa­ders se se­ges oor die Wa­ra­tahs, Brum­bies en die Haaie.

‘‘

Ek glo ook hy (Peyper) is be­slis goed ge­noeg om die druk te ver­werk wat daar op hom sal wees.

— ANDRÉ WATSON

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.