‘Eind­stryd nie net oor Ac­kers, maar he­le Leeus­fa­mi­lie’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hou die e­mo­sie so ver moont­lik uit die eind­stryd uit.

Hier­die raad aan die Leeus voor Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­eind­stryd teen die Cru­sa­ders op El­lis­park in Jo­han­nes­burg kom van Ru­dolf S­tra­eu­li, wat as spe­ler, af­rig­ter én ad­mi­nis­tra­teur be­trok­ke was by Su­per-eind­stry­de.

S­tra­eu­li, die uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, het in 1993 as spe­ler die eer­tyd­se Su­per10reeks saam met dié span (toe nog Trans­vaal) ge­wen, toe die Auck­land Blu­es op El­lis­park ge­klop is. Twee jaar la­ter in 1995 was hy aan die ont­vang­kant van ’n ne­der­laag teen die Qu­eens­land Reds in die eind­stryd op El­lis­park.

S­tra­eu­li was die af­rig­ter van die Haaie wat in 2001 die Su­per­eind­stryd in Can­ber­ra teen die Brum­bies ver­loor het.

Hy was boon­op die kom­mer­sie­le be­stuur­der van die Haaie wat in 2007 moes toe­kyk hoe die Bul­le hul­le in die eind­stryd in Dur­ban klop én in 2012 se ti­tel­stryd teen die Chiefs vas­ge­val het.

As uit­voe­ren­de hoof van die Leeus is dit sy twee­de eind­stryd, ná ver­le­de jaar s’n teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton.

“Dalk weet ek net nie wan­neer om op te hou nie,” het S­tra­eu­li ge­spot daar­oor dat hy in so­veel hoe­da­nig­he­de by Su­per-eind­stry­de be­trok­ke was.

“My raad aan die spe­lers sal wees om nie toe te laat dat die e­mo­sie van die ge­leent­heid jou mee­sleur nie. Hul­le moe­nie skrik daar­voor om Sa­ter­dag voor 62 000 toe­skou­ers uit te draf nie,” sê hy.

“Jy moet hou by jou roe­ti­ne en by dit wat vir jou werk. Dit is ook al­tyd net so­veel mak­li­ker om ’n eind­stryd by die huis te hê, waar jy in ’n be­ken­de om­ge­wing is.

“Die een na­deel van ’n tuis­eind­stryd is dat jy deur so­veel vrien­de en ken­nis­se las­tig ge­val kan word vir kaar­tjies en om vir jou par­keer­plek te re­ël.

“Hoe sê die spe­lers nou som­mer nee vir ’n pêl wat daar uit die plat­te­land bel en vra vir vyf kaar­tjies vir die eind­stryd?

“Daar­om pro­beer ons by die u­nie om ook daar­die re­ë­lings so­ver as moont­lik uit die spe­lers se han­de te neem en dit vir hul­le te doen. Hul hoof­doel is om net op die wed­stryd te kon­sen­teer.”

S­tra­eu­li, wat sê hy is dank­baar dat hy ’n twee­de rug­by­le­we ge­gun is by die Leeus en wat oor die af­ge­lo­pe klom­pie ja­re heen ’n groot rol daar­in ge­speel het om dié “Ti­ta­nic” om te draai, sê die spe­lers sal be­slis ’n bo­nus ont­vang in­dien hul­le as Su­per-kam­pi­oen ge­kroon word.

“Ek wil nie sy­fers noem nie, maar dit sal be­slis vir die spe­lers die moei­te werd wees as hul­le wen,” ver­se­ker hy.

Hy het ook weer klem ge­lê op die “on­ge­loof­li­ke by­drae wat Jo­han Ac­ker­mann tot die u­nie ge­maak het.

“Met die eind­stryd kry hy nou die be­lo­ning waar­voor hy so hard ge­werk het”.

“Tog gaan dit nie net oor een per­soon nie. Dié eind­stryd gaan oor die he­le Leeus-fa­mi­lie en al­mal wat ’n rol ge­speel het.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, het ver­le­de Sa­ter­dag breed ge­glim­lag na­dat sy span ’n tuis­eind­stryd be­klink het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.