Cru­sa­ders dalk be­dui­wel deur die diep blou see?

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Die Cru­sa­ders sal die na­week ge­skie­de­nis moet maak as hul­le op El­lis­park in Jo­han­nes­burg as 2017 se Su­per­rug­by-kam­pi­oen­span ge­kroon wil word.

Hoe­wel dié Nieu-See­land­se span al se­we Su­per-ti­tels ver­o­wer het, het nóg hy nóg e­ni­ge an­der span in die be­roep­se­ra al daar­in ge­slaag om die eind­stryd te wen na­dat hul­le die In­die­se O­se­aan moes oor­steek.

Die ein­ste Leeus het ver­le­de jaar in Wel­ling­ton teen die Hur­ri­ca­nes op hul baad­jie ge­kry na­dat hul­le vir die eind­stryd Ni­euSee­land toe moes vlieg.

Voor hul­le het dié lot ver­skeie ti­te­l­as­pi­ran­te al ge­tref.

In 2013 het die Brum­bies, toe nog deur Ja­ke Whi­te af­ge­rig, in die eind­stryd teen die Chiefs in Ha­mil­ton ver­loor na­dat hul­le die Bul­le die vo­ri­ge na­week in die half­eind­stryd in P­re­to­ria ge­klop het.

Die Haaie het in 2012 ook in Ha­mil­ton teen die Chiefs ver­loor na­dat hul­le van Suid-A­fri­ka af soon­toe moes gaan. Die­self­de het dié span van Dur­ban in 1996 (teen die Auck­land Blu­es) en 2001 (teen die Brum­bies) oor­ge­kom.

In 2011 het die Cru­sa­ders ook ’n steil berg son­der suk­ses pro­beer uit­klim. Dié span van Chris­t­church het van Nieu-See­land na Kaap­stad ge­reis en die S­tor­mers in die half­eind­ron­de ge­klop. Daar­na het hul­le Aus­tra­lië toe ge­vlieg waar hul­le die Reds in die eind­stryd ge­pak het. Dit was tot die 68ste mi­nuut ’n se­nu­ter­gen­de eind­stryd voor­dat ’n stuk­kie in­di­vi­du­e­le bril­jant­heid deur die skrum­ska­kel Will Ge­nia die Cru­sa­ders se dop­pie ge­klink het.

Die Chiefs is in 2009 voor die uit­da­ging ge­stel om die Bul­le op Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria te gaan klop. Hul­le was eg­ter nie op­ge­was­se vir daar­die taak nie. Die Bul­le het agt drieë voor hul tuis­ska­re gaan druk.

Een van die ver­naam­ste re­des waar­om span­ne wat die In­die­se O­se­aan moet oor­steek in eind­stry­de suk­kel, is vlug­voos­heid.

Vol­gens Ian Murp­hy, me­die­se hoof van die Nieu-See­land­se Rug­by­u­nie, kan vlug­voos­heid daar­toe lei dat ’n span nie op al­le sui­ers in ’n eind­stryd vuur nie.

Murp­hy het aan stuff.co.nz ge­sê we­ten­skap­li­ke stu­dies wys dat spe­lers se ver­moë om te pres­teer na­de­lig beïnvloed word deur vlug­te oor tyd­so­nes heen.

“Jou ko­ör­di­na­sie en re­ak­sie­tyd word beïnvloed en dít is van groot be­lang in rugby, waar jy baie ak­ku­raat in die uit­voe­ring van jou ta­ke moet wees.”

Murp­hy meen eg­ter deur spe­lers se slaap­pa­tro­ne, vloei­stof­in­na­me en maal­tye op die lang vlug­te be­hoor­lik te be­stuur, kan vlug­flou­heid in groot ma­te teen­ge­werk word.

In die eer­tyd­se Su­per10-reeks moes Auck­land in 1993 ook Jo­han­nes­burg toe vlieg vir die eind­stryd en is met 20-17 deur Trans­vaal ge­klop.

Qu­eens­land, on­der lei­ding van die Wal­la­by-slot John Ea­les, het wel in 1994 en 1995 eind­stry­de in on­der­skei­de­lik Dur­ban en Jo­han­nes­burg ge­wen.

Daar moet eg­ter in ag ge­neem word dat span­ne toe net vier li­ga­wed­stry­de

ge­speel het, teen­oor die 15 wat hul­le tans moet speel nog voor­dat die uit­klop­ron­des be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.