Sa­ru juig oor SA se ‘nu­we a­von­tuur’

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie Mar­nus Michael G­reen C­hee­tahs (SA).

’n Ver­wik­ke­ling met ewe veel be­te­ke­nis as die tot­stand­ko­ming van die Su­per­rug­by­reeks in 1996.

Dit is hoe die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se uit­voe­ren­de hoof, Ju­rie Roux, die ge­skied­kun­di­ge in­ly­wing van die C­hee­tahs en Sout­hern Kings in die Pro14-kom­pe­ti­sie in die Noor­de­li­ke Half­rond be­skryf.

Die in­slui­ting van dié SuidA­fri­kaan­se span­ne in ’n kom­pe­ti­sie waar­in die voor­ste klub­span­ne van Ier­land, Wal­lis, S­kot­land en I­ta­lië speel, is gis­ter amp­te­lik be­ves­tig.

“Dis die be­gin van ’n nu­we a­von­tuur vir Suid-A­fri­ka,” sê Roux in ’n ver­kla­ring van Sa­ru.

“Dis uit­da­gend om in pas te kom met ’n kom­pe­ti­sie wat op an­der tye op die ka­len­der en in an­der toe­stan­de be­slis word. Ter­self­der­tyd is dit ’n puik ge­leent­heid vir SuidA­fri­kaan­se rugby om ons ho­ri­son­ne te ver­breed.

“Teen hier­die tyd aan­staan­de jaar sal Suid-A­fri­kaan­se pro­vin­si­a­le span­ne in 11 lan­de op vyf vas­te­lan­de speel. Ons glo die C­hee­tahs en Kings se deel­na­me sal goed vir die kom­pe­ti­sie en sy span­ne wees.”

Fran­co S­mith, die C­hee­tahs se di­rek­teur van rugby, het in­tus­sen vre­se be­sweer dat die span se Curriebeker-veld­tog weens hul deel­na­me aan die Pro14-reeks aan die ag­ter­speen gaan suig, be­rig

Kok.

“Dit is vir ons be­lang­rik om op die Curriebeker-reeks te fo­kus en goed daar­in te doen. Daar gaan wel ’n oor­vleu­e­ling (van die twee kom­pe­ti­sies) wees, maar die pre­sie­se om­vang daar­van sal ’n mens eers weet so­dra die be­pa­lings be­skik­baar is,” sê hy.

In Port E­li­za­beth is die Kings op­ge­won­de oor die nu­we a­von­tuur wat op hul­le wag, maar be­rig dat die on­lang­se spe­lers-uit­tog daar die rooi lig­te moet laat flik­ker.

Vol­gens ’n be­trou­ba­re bron sal De­on Da­vids weer die Kings brei. Daar word ook ge­sê dat die Kings se be­stuur al vir we­ke ag­ter die skerms met spe­lers on­der­han­del en dat ’n groep spe­lers al vol­gen­de week kan saam­trek.

Die feit bly dat min spe­lers oor is van die Kings-span wat sul­ke ver­maak­li­ke rugby in die Su­per­reeks ge­speel het.

Die in­ly­wing van die C­hee­tahs en Kings be­te­ken die reeks sal ’n nu­we struk­tuur kry, met twee groe­pe van se­we span­ne elk.

Die groe­pe is: Groep A:

Mun­ster (Ier­land), Ospreys (Wal­lis), Car­diff Blu­es (Wal­lis), Con­nacht (Ier­land), Ze­bre (I­ta­lië),

S­car­lets (Wal­lis), Lein­ster (Ier­land), Ul­ster (Ier­land), E­din­burgh (S­kot­land), Be­net­ton (I­ta­lië), Dra­gons (Wal­lis),

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.