Bro­wn skop hel­per uit, ho­ës bly

Haar DG, maat ook in e­pos uit­ge­wys

Beeld - - Voorblad -

Ver­skeie mi­nis­ters en an­der hoë amp­te­na­re wat glo van die Gup­ta-fa­mi­lie se guns­te en ga­wes ge­bruik ge­maak het, sit steeds in hul pos ter­wyl ’n ge­wo­ne amp­te­naar gis­ter die trek­pas daar­oor ge­kry het.

Kim Da­vids, die per­soon­li­ke as­sis­tent van Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, se kop het ge­rol weens in­lig­ting uit die so­ge­naam­de #GuptaLeaks-e-pos, ’n dag na­dat A­tul Gup­ta in ’n BBC-on­der­houd die gel­dig­heid van die ont­hul­lings ont­ken het.

Die #GuptaLeaks-ont­hul­lings het Da­vids en nóg twee men­se na aan Bro­wn met die Gup­tas ver­bind.

Bro­wn het Da­vids se ver­trek be­ves­tig na­dat die a­maB­hun­ga­ne-sen­trum vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek en S­cor­pio gis­ter ont­hul het dat Da­vids een van d­rie men­se in Bro­wn se bin­ne­kring is met be­weer­de Gup­ta­ban­de (sien kas­sie hier­naas oor die be­we­rings teen haar).

Die an­der twee is dr. Ing­rid Tuf­ves­son, wat in ’n ro­man­tie­se ver­hou­ding met Bro­wn is, en Ri­chard Se­le­ke, di­rek­teur-ge­ne­raal van o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

Bro­wn het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê Da­vids is laat gaan weens die be­we­rings teen haar in die uit­ge­lek­te e-pos. Sy het niks oor die an­der twee men­se ge­sê nie.

Haar woord­voer­der, Co­lin Cruy­wa­gen, het by na­vraag ver­wys na ’n ver­kla­ring wat die de­par­te­ment op 25 Ju­lie daar­oor uit­ge­reik het.

Lui­dens dié ver­kla­ring on­der­steun Bro­wn die Val­ke se on­der­soe­ke na be­weer­de kor­rup­sie wat die me­dia weens die uit­ge­lek­te Gup­ta-e­pos die laas­te maan­de in haar de­par­te­ment ont­hul het.

Bro­wn het gis­ter in haar ver­kla­ring ge­sê sy was te­vre­de met Da­vids se ant­woor­de oor die be­we­rings teen haar, “maar meen dat die aan­hou­den­de be­we­rings teen haar die le­gi­ti­mi­teit van my kan­toor in die ge­drang kan bring”.

“My be­sluit be­te­ken nie dat Da­vids skul­dig is nie, maar dit is be­lang­rik dat my kan­toor bo ver­den­king bly,” lui Bro­wn se ver­kla­ring.

Lui­dens a­maB­hun­ga­ne en S­cor­pio werp Da­vids, Tuf­ves­son en Se­le­ke se be­weer­de Gup­ta­ban­de nu­we lig op Bro­wn se be­weer­de rol in die aan­stel­ling van “ge­kaap­te” di­rek­teu­re by staat­sen­ti­tei­te (SOE) en waar­om sy nie op­tree teen be­weer­de Gup­ta­la­keie in SOE’s nie.

Die SOE’s onder Bro­wn se be­heer is E­s­kom, Trans­net, De­nel, SA Ex­press, A­lex­kor en Saf­col.

a­maB­hun­ga­ne en S­cor­pio het be­rig hoe Tuf­ves­son, ’n a­ka­de­mi­kus en trans­for­ma­sie­kon­sul­tant wat ’n lang­ter­myn­ver­hou­ding met Bro­wn het, ’n di­rek­teur is van ’n maat­skap­py, So­res OMS, wat glo ook Gup­ta-ban­de het. Tuf­ves­son het dit ten sterk­ste ont­ken.

Se­le­ke, wat glo ook noue ban­de het met Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, se CV is lui­dens die be­rig gis­ter glo in Ju­nie 2015 aan Du­du­za­ne Zu­ma, pres. Ja­cob Zu­ma se seun en Gup­ta-sa­ke­ven­noot, ge­stuur. Se­le­ke is in No­vem­ber die­self­de jaar as Bro­wn se di­rek­teur-ge­ne­raal aan­ge­stel.

Fo­to: JAN GER­BER

Lyn­ne Bro­wn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.