Huur­moord mis­luk: 2 vas

Beeld - - Voorblad - Han­ti Ot­to

Ja­c­ques en Ju­a­ni­ta Ven­ter het saam met hul d­rie kin­ders van tus­sen ses en tien jaar oud op Ven­ter se plaas by Leslie (Le­an­dra) in M­pu­ma­lan­ga ge­bly toe hy in A­pril 2016 uit­ge­vind het dat Ju­a­ni­ta ’n bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding het.

“Sy het op 25 Mei 2016 uit ons huis ge­trek. Sy het die kin­ders by my ge­los,” sê Ja­c­ques (37).

Ju­a­ni­ta (34) en O­me­ga S­choe­man (45), haar skelm­pie, het gis­ter in die pe­ri­o­die­ke hof in Leslie ver­skyn na­dat hul­le eer­gis­ter in Se­cun­da in heg­te­nis ge­neem is. Hul­le het glo ’n huur­moor­de­naar ge­re­ël.

Ja­c­ques sê hy het vir haar jam­mer ge­voel toe hy haar by die hof uit die po­li­sie­voer­tuig sien klim. “Sy is tog steeds die ma van my kin­ders. Sy was nooit ’n sleg­te ma nie.”

Paul Dun­vil­le Car (44) het hul­le ver­klik. Dis hy wat op 7 Ok­to­ber ver­le­de jaar, ge­klee in swart, ’n klap­mus en hand­skoe­ne en ge­wa­pen met ’n mes, ’n ha­mer en ’n tuis­ge­maak­te wa­pen van stuk­kies ys­ter en draad, Ja­c­ques moes “uit­haal”.

Car het op 12 Ju­nie van­jaar skuld be­ken op ’n aan­klag van sa­me­swe­ring tot moord. Hy sou R10 000 vir die huur­moord be­taal word wat glo uit­ge­voer moes word weens die eg­skei­ding­stryd tus­sen Ja­c­ques en sy vrou, en Ja­c­ques se geld.

“S­choe­man en Ju­a­ni­ta Ven­ter het my in­ge­lig van pro­ble­me wat Ju­a­ni­ta met haar eks het en dat sy hom wil laat uit­haal om­dat sy dan al sy ba­tes ter waar­de van mil­joe­ne kon erf,” sê Car in sy pleit­ver­dui­de­li­king.

In A­pril 2016 het hy ge­rug­te ge­hoor van ’n ver­hou­ding tus­sen Ju­a­ni­ta en S­choe­man wat glo al in 2013 be­gin het na­dat Ja­c­ques hom oor die ha­we­lo­se S­choe­man en sy ge­sin ont­ferm en hul­le woon­plek op sy an­der plaas ge­gee het. S­choe­man is la­ter ge­skei en hy en Ju­a­ni­ta het saam in­ge­trek.

Een Vry­dag­aand in Ok­to­ber wou Car sy aan­val uit­voer, maar is hy op­ge­merk en aan­ge­keer. Hy is vyf jaar tronk­straf op­ge­lê wat op­ge­skort is vir vyf jaar, maar moet teen die an­der ge­tuig.

Die po­li­sie kon dié twee, wat in­tus­sen na Ge­or­ge ver­huis het, eers aan­keer toe hul­le eer­gis­ter in Se­cun­da was.

Fo­to’s: LI­SA HNATOWICZ

Ju­a­ni­ta Ven­ter. In­las: Ja­c­ques Ven­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.