Ou­ma ‘Ek droom van skoe­ne vir hom’

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus

’n Ou­ma van Roo­de­poort kry ge­reeld raad om haar klein­kind se voet­jie te laat am­pu­teer, maar haar groot­ste droom is om te sien hoe hy een­dag ’n paar skoe­ne aan­trek.

Die seld­sa­me Mil­roy se siek­te is by Nat­han Un­ge­rer

(15 maan­de) se ge­boor­te in A­pril 2016 ge­di­ag­no­seer.

Se­dert­dien leef hy met ’n e­nor­me swel­sel aan die lin­ker­voet saam.

Se­lo­na van Wyn­gaard, Nat­han se ou­ma, sê hul e­nig­ste hoop op ’n ge­wo­ne le­we vir Nat­han is wan­neer hy la­ter van­dees­maand ’n MRI-on­der­soek on­der­gaan om te be­paal of hy ge­o­pe­reer kan word.

“Ons hoop was eint­lik dat Nat­han ge­o­pe­reer word voor­dat hy be­gin loop, maar om­dat die MRI-toe­rus­ting by die C­har­lot­te Maxe­ke-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg bui­te wer­king is, moes ons tot nou toe wag om te hoor of hul­le wel kan o­pe­reer,” sê sy.

Mil­roy se siek­te, ook lim­fe­deem ge­noem, is die ab­nor­ma­le op­ho­ping van limf­vog in sel­le, in ruim­tes om sel­le of in lig­gaams­hol­tes.

Van Wyn­gaard sê dok­ters sal met die o­pe­ra­sie ho­pe­lik vas­stel wat die oor­saak van die pro­bleem is.

In­tus­sen suk­kel Nat­han om op die voet te loop en Van Wyn­gaard sê dit kan lei tot heup- en rug­pro­ble­me.

“Ek het ag­ter­ge­kom as hy met daai voet loop, loop hy op die hak.

“Hy is baie on­vas en val ge­reeld om.”

Die swel­sel word al hoe gro­ter.

“Hy het ook nog nooit ’n paar skoe­ne aan sy voet­jies ge­had nie,” sê sy.

Soné van As­we­gen (18), Nat­han sê ma, sê men­se vra ge­du­rig hoe­kom sy voet so groot staan.

“Ek raak moeg daar­voor om die he­le tyd te ver­dui­de­lik. Bui­ten dit, kan ek sien hoe kry hy heel­tyd seer om­dat hy om­val,” sê Van As­we­gen.

Die fa­mi­lie sal op 18 Au­gus­tus by die C­har­lot­te Maxe­ke­hos­pi­taal aan­klop om te hoor of hul­le kan voort­gaan met die MRI-skan­de­ring.

Die hos­pi­taal het by na­vraag be­ves­tig dat die MRI-toe­rus­ting weer werk.

Fo­to: WIKUS DE WET

Soné van As­we­gen en haar ma, Se­lo­na van Wyn­gaard, saam met klein Nat­han Un­ge­rer.

Fo­to: WIKUS DE WET

Nat­han se voe­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.