IAAF Hou húl­le dop

USAIN SE PLAN­NE:

Beeld - - Voorblad -

Sy doel­wit in Lon­den is een­vou­dig: om ’n vier­de 100 m-wê­reld­ti­tel en ’n vyf­de goud in die 4x100 m-af­los te wen.

Daar­na gaan hy saam met sy vrien­de sok­ker speel, ont­span en pret hê.

As die at­le­tiek­wê­reld nog nie weet hy gaan Usain Bolt mis nie, is dit eer­gis­ter in Lon­den uit­ge­stip­pel toe dié Ja­mai­kaan­se su­per­ster ’n nuus­kon­fe­ren­sie in die Lon­den­se sta­di­on by­ge­woon het.

So­wat 400 joer­na­lis­te en TV­span­ne het om hom saam­ge­drom.

Af­skeids­bood­skap­pe van die ak­teurs Sa­mu­el L. Jack­son en I­dris El­ba, die voor­ma­li­ge Fran­se sok­ker­spe­ler T­hier­ry Hen­ry, die mo­del Ca­ra De­le­ving­ne en die In­die­se krie­ket­kap­tein, Vi­rat Koh­li, is op ’n groot skerm ver­toon.

“Ek is ge­reed. As ek by die Wê­reld­by­een­koms op­daag, moet jy weet ek is slag­ge­reed en vol self­ver­troue,” het Bolt, wat van­dees­maand sy 31ste ver­jaar­dag vier, ge­sê.

“Ek het in Mo­na­co 9.95 se- ge­hard­loop, so dit het ge­wys ek is op die reg­te koers.”

Die Lon­den­se sta­di­on sal ont­plof wan­neer hy Sa­ter­dag­aand in alle waar­skyn­lik­heid vir die eind­ron­de van die 100 m sal aan­tree.

Ná vol­gen­de week se af­los, groet hy die sport­soort waar­van hy ’n de­ka­de lank die fo­kus­punt was.

Bolt sê hy sal be­se­rings nie mis nie en sien uit daar­na om die vol­gen­de Wê­reld­by­een­koms van­uit die pa­vil­joen dop te hou.

Die Ja­mai­kaan er­ken hy gaan wel deel­na­me mis. “At­le­tiek was my le­we van­dat ek 10 jaar oud was.”

Hy gaan steeds ’n am­bas­sa­deurs­rol in at­le­tiek ver­vul.

Bolt se ou­ers het ’n laas­te paar spy­ker­skoe­ne aan hom oor­han­dig. Dit is ’n kom­bi­na­sie van goud (vir sy pres­ta­sies) en pers van sy skool, Wil­li­am K­nibb Me­mo­ri­al, waar Bolt se krie­ket­af­rig­ter hom aan­ge­raai het om eer­der die at­le­tiek­span te pro­beer haal.

Gra­fi­ka24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.