Eeu van geen gren­se ge­vier

Sur­re­a­lis­me

Beeld - - Voorblad - E­ben Mei­ring

Die op­gra­wing van die sur­re­a­lis­tie­se S­paan­se skil­der­vir­tu­oos, Sal­va­dor Dalí, se oor­skot vir ’n va­der­skaps­toets plaas die kol­lig nie net op ’n kuns wat ons wê­reld sou trans­for­meer nie, maar op ’n woord wat pas sy eeu­fees ge­vier het.

In ’n pro­gram­no­ta by E­rik Sa­tie se “skan­daal­bal­let”, Pa­ra­de, van Mei 1917, be­skryf die Fran­se dig­ter en ver­nu­wer Guil­lau­me A­pol­li­nai­re dit as ’n “soort sur­re­a­lis­me”.

In Ju­nie 1917 noem A­pol­li­nai­re sy om­stre­de a­vant-gar­de-to­neel­stuk, Les ma­mel­les de Ti­ré­si­as (Die te­pels van Ti­ré­si­as), ’n “sur­re­a­lis­tie­se dra­ma”.

In ’n on­der­houd ver­dui­de­lik hy: Toe die mens loop wou na­boots, het hy die wiel ge­maak, wat tog nie soos ’n been lyk nie. Só het hy on­we­tend sur­re­a­lis­me ge­skep, nie ’n “fo­to­gra­fie­se na­tu­ra­lis­me” nie, maar ’n “in­ner­li­ke na­tuur van on­ver­moe­de . . . vreug­de­vol­le won­de­re”.

Die sur­re­a­lis­me het e­wen­wel nie oor­nag ont­staan nie.

Sy wor­tels skiet ’n he­le ent te­rug, tot in die 19de eeu. Groot dig­ters­fi­gu­re soos Ner­val, Bau­de­lai­re, Rim­baud, la­ter Jar­ry en sy Ubu en Pi­cas­so se ku­bis­me was vroeë weg­wy­sers. Wat Pi­cas­so met sy doe­ke ge­doen het, wou A­pol­li­nai­re-hul­le met die woord reg­kry.

Boon­op kom ver­rin­ne­weer die Da­da-be­we­ging van 1916 ’n ou bour­geois-or­de en sy waar­de­stel­sel met ’n on­ge­ken­de a­nar­gis­tie­se pas­sie.

Die ar­tis­tie­ke tsoe­na­mi bring ein­de­lik ’n nu­we re­vo­lu­sie voort, een wat A­pol­li­nai­re ja­re voor­ty­dig op sy naam ge­noem het.

An­ders as Da­da, met sy ap­tyt vir ver­niel­sug, wou die sur­re­a­lis­me hom ver­naam­lik be­moei met die on­be­ken­de ter­rei­ne van die gees. Vol­gens die ho­ë­pries­ter van dié nu­we “ge­loof”, An­dré B­re­ton, was dit ’n “sui­wer psi­gie­se werk­tuig­lik­heid” van den­ke, “son­der e­ni­ge be­heer deur die re­de, son­der e­ni­ge es­te­tie­se of mo­re­le moets en moe­nies”, al­dus sy 1924ma­ni­fes.

F­reud het ge­bieg hy het die sur­re­a­lis­te as ’n klomp mal­les be­skou tot­dat Dalí vir hom sy so­ge­naam­de pa­ra­no­ïes-kri­tie­se teg­niek ge­de­mon­streer het.

Die sur­re­a­lis­me sou hom eers met die vers en die kwas uit­druk voor­dat dit in alle kuns­vor­me sou op­gaan en min vlak­ke van die sa­me­le­wing on­aan­ge­raak sou laat, van pop en film en ar­gi­tek­tuur tot re­kla­me en ny­wer­heid en die in­ter­net.

Vir Uys K­ri­ge (Élu­ard en die sur­re­a­lis­me) was die sur­re­a­lis­tie­se vers ’n be­se­ten­heid met die woord, ’n be­se­ten­heid “om die woord te her­ont­dek . . . hom te her­stel in sy eer­ste glans . . .”

Daar­die baan­bre­ken­de ne­o­lo­gis­me van 1917 sou ’n er­fe­nis son­der gren­se na­laat.

Sal­va­dor Dalí

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.