Mil­joen men­se se plei­dooie na Cy­ril

MMUSI LE­WER BOKSE AF ‘Hy moet stem­me teen Zu­ma aan­moe­dig’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa kan nie lan­ger stil­bly nie en moet sy po­si­sie ge­bruik om ANC-LP’s aan te moe­dig om met hul ge­we­te in die wan­trou­e­mo­sie te stem so­dat die land “oor die hoof­pyn kan kom wat Ja­cob Zu­ma ge­noem word”.

Dit was gis­ter­og­gend die bood­skap van Mmusi Maimane, DA­lei­er, toe hy kar­ton­bok­se vol ver­soek­skrif­te wat deur 1 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners on­der­te­ken is by Ra­map­ho­sa se kan­toor in Tuyn­huys by die par­le­ment af­ge­le­wer het.

Maimane het aan joer­na­lis­te ge­sê Suid-A­fri­ka be­vind hom in ’n si­tu­a­sie waar die land se kre­diet­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus ver­laag is en die e­ko­no­mie in ’n re­ses­sie is wat ver­oor­saak dat baie Suid-A­fri­ka­ners nie werk kan kry nie.

“Ons moet ’n nu­we be­gin te­weeg­bring – ’n ver­an­de­ring. Ek weet nie van jul­le nie, maar ek is siek en sat daar­voor dat daar te veel Suid-A­fri­ka­ners is wat nie in staat is om werk te kry nie en in ar­moe­de leef.”

Die mo­sie van wan­troue in Zu­ma word Dins­dag 8 Au­gus- tus in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) be­spreek.

‘‘

Ons moet ’n nu­we be­gin te­weeg­bring – ’n ver­an­de­ring. Ek weet nie van jul­le nie, maar ek is siek en sat daar­voor dat daar te veel Suid­A­fri­ka­ners is wat nie in staat is om werk te kry nie en in ar­moe­de leef.

— MMUSI MAIMANE

Suid-A­fri­ka is vol­gens Maimane onder die lei­er­skap van ’n pre­si­dent wat nie meer die men­se se be­lan­ge op die hart dra nie. “Pres. Zu­ma het ons land aan die Gup­tas en an­der a­gen­te ver­koop en lank­al ver­geet waar­om hy tot pre­si­dent ver­kies is.”

Ra­map­ho­sa is as die lei­er van re­ge­ring­sa­ke die mees se­ni­or per­soon in die re­ge­ring.

“Ek is hier om ’n be­roep op Cy­ril Ra­map­ho­sa te doen om die reg­te ding te doen. As jy daar­na streef om in so ’n hoë amp te dien, moet jou eer­ste pri­o­ri­teit Suid-A­fri­ka wees, nie Ja­cob Zu­ma nie, nie eens jou eie po­li­tie­ke par­ty nie.

“As die bood­skap nog nooit hard en dui­de­lik was nie, hier is ’n mil­joen men­se wat sê: Ge­noeg is ge­noeg.

“Cy­ril Ra­map­ho­sa, doen die reg­te ding, lei jou kou­kus en maak se­ker dat hul­le vir ver­an­de­ring stem in die mo­sie van wan­troue.”

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, moet be­sluit of die stem­me­ry ná af­loop van die de­bat oor die mo­sie in die ope of in die ge­heim moet plaas­vind.

Maimane het die hoop uit­ge­spreek dat M­be­te “die reg­te be­sluit” sal neem – “dat sy ’n be­sluit sal neem wat men­se sal toe­laat om met hul ge­we­te te stem so­dat ons oor die hoof­pyn kan kom wat Ja­cob Zu­ma ge­noem word en kan fo­kus op die kwes­sies van die men­se, onder meer hoe ons werk kan skep, meer men­se uit ar­moe­de kan op­hef en aan­dag aan die re­ses­sie kan gee.”

Na­zee­ma Ahmed, di­rek­teur ver­ant­woor­de­lik vir par­le­men­tê­re aan­ge­leent­he­de in Ra­map­ho­sa se kan­toor, het die ver­soek­skrif­te na­mens hom in ont­vangs ge­neem. Hy was gis­ter in P­re­to­ria.

Fo­to: P­HIL­DA ES­SOP

Mmusi Maimane, DA­lei­er, oor­han­dig die ver­soek­skrif­te aan Na­zee­ma Ahmed, di­rek­teur in adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se kan­toor wat ver­ant­woor­de­lik is vir par­le­men­tê­re aan­ge­leent­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.