Só ge­beur on­ge­luk waar­in K­ho­za sterf – DA­LP

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Daar was ’n slag aan die kant van die bus­sie waar­in vier LP’s gis­ter­og­gend na die Paarl op pad was. Die bus­sie het ’n paar keer ge­rol en op sy dak be­land, sê Ian Ol­lis, DA-LP.

Die ANC-LP Ti­mothy K­ho­za, wat langs hom ge­sit het, is op slag dood. No­ma­lun­ge­lo Gi­na (ANC), voor­sit­ter van die ko­mi­tee, het erns­ti­ge nek­be­se­rings op­ge­doen en Cyn­thia Ma­je­ke (UDM) rib­be­se­rings.

Ol­lis sê hy en K­ho­za, sy kol­le­ga in die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ba­sie­se on­der­wys, het op die ag­ter­sit­plek ge­sit.

Die vier LP’s was op pad na ’n skool in die Paarl-om­ge­wing vir ’n oor­sig­be­soek. Hul­le het glo in ’n kon­vooi met an­der LP’s en par­le­men­tê­re per­so­neel ge­ry.

N­qa­ba­yom­zi K­wank­wa, UDM-hoof­sweep, sê die vier LP’s het ver­dwaal en op die R301 ver­by die af­draai na die Paarl ge­ry. Die voer­tuig het glo ’n U-draai ge­maak toe die mi­ni­bus­taxi aan K­ho­za se kant in hul­le vas­ry.

Ol­lis sê dit is ’n won­der­werk dat hy net lig­te be­se­rings op­ge­doen het. Gi­na is in die ho­ë­sorg­een­heid en Ma­je­ke kry ook hos­pi­taal­be­han­de­ling.

“Ek wil graag my in­ni­ge mee­ge­voel uit­spreek met die heen­gaan van een van my kol­le­gas,” sê hy.

Vol­gens Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24, is agt be­seer­des op die to­neel be­han­del en na die Me­di­cli­nic en die pro­vin­si­a­le hos­pi­taal in die Paarl ver­voer.

Po­li­tie­ke par­tye van oor die spek­trum heen het gis­ter hul skok uit­ge­spreek oor K­ho­za se dood.

“Ons is diep ge­skok en hart­seer oor die on­ty­di­ge heen­gaan van mnr. K­ho­za, wat sy le­we tra­gies ver­loor het ter­wyl hy diens aan die men­se ge­le­wer het en toe­ge­wyd was daar­aan om die ge­hal­te van on­der­wys in Suid-A­fri­ka te ver­be­ter,” sê pres. Ja­cob Zu­ma.

Le­che­sa T­se­no­li, ad­junk­spea­ker wat die be­seer­des in die hos­pi­taal be­soek het, sê dit is ’n tra­gie­se dag vir die par­le­ment.

“Dit is hart­seer om ie­mand te ver­loor wat jeug­dig­heid aan sy kant ge­had het. Hy het ’n al­ge­me­ne ge­wil­lig­heid ge­had om te leer en om sy ken­nis uit te brei. Dit was ’n om­ge­wing waar­in hy ’n baie kri­tie­ke rol ge­speel het.”

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, is “plat­ge­slaan” deur die nuus. Sy en En­ver Sur­ty, haar ad­junk, het ’n uit­ste­ken­de werk­ver­hou­ding met die ko­mi­tee. “Dit gaan ’n baie moei­li­ke tyd vir alle le­de in die rou­tyd wees en ter­wyl hul­le van die tra­ge­die her­stel.”

Do­ris Dla­ku­de, ANC-ad­junk­hoof­sweep, is kort ná die on­ge­luk na die Paarl om K­ho­za se lyk uit te ken. Sy het ook die be­seer­de LP’s be­soek.

Ver­skeie Wes-Kaap­se LUR’e en par­le­ments­le­de het die be­seer­des in die hos­pi­taal gaan be­soek.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Die Hyun­dai­bus­sie waar­in K­ho­za ge­sterf het. Ag­ter is die mi­ni­bus­taxi waar­teen dit in mis­ti­ge toe­stan­de ge­bots het.

Die laas­te fo­to wat Ti­mothy K­ho­za op sy Fa­ce­book­blad ge­plaas het.

Fo­to: CAR­RYN­ANN NEL

Ian OIl­lis, DA­LP, gis­ter bui­te die Me­di­cli­nic Paarl na­dat hy ont­slaan is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.