Ras­ge­dre­we voor­val­le oor SA heen kwel ANC

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Suid-A­fri­ka moet bre­ër ge­sprek­ke hê oor waar­om land­ge­no­te wat ’n in­te­gre­ren­de deel van die meer­der­heid in die be­vry­ding­stryd was dees­dae voel as­of hul­le tot min­der­heids­groe­pe in die de­mo­kra­sie ge­re­du­seer is, meen die ANC.

Die re­ge­ren­de par­ty het gis­ter so ge­re­a­geer op die ras­ge­dre­we voor­val by die K­lip­spruit West Se­con­da­ry School in El­do­ra­do­park, Jo­han­nes­burg, waar die hoof­saak­lik bruin skool­ge­meen­skap teen die aan­stel­ling van ’n swart skool­hoof kap­sie ge­maak het.

Die ANC het ook na Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, se uit­la­tings Sa­ter­dag by die vie­ring van sy par­ty se vier­de be­staans­jaar ver­wys waar hy ge­sê het dat In­di­ërs ras­sis­ties en uit­bui­tend teen­oor hul swart land­ge­no­te is.

Die Mi­no­ri­ty Front het klag­te daar­oor teen Ma­le­ma in­ge­dien.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, het gis­ter ge­sê die ANC is be­kom­merd oor land­wye ras­ge­dre­we voor­val­le.

Vol­gens Kod­wa is dié an­der soort­ge­ly­ke voor­val­le in teen­stel­ling met die waar­des op grond waar­van Suid-A­fri­ka se be­vry­ding­stryd ge­voer en waar­op die de­mo­kra­tie­se be­de­ling ge­bou is.

Voor­val­le soos dié twee, on­ge­ag die oor­sprong daar­van, on­der­myn die na­sie se de­mo­kra­tie­se pro­jek, ter­wyl dit die ras­se-on­e­nig­heid ver­diep.

“Suid-A­fri­ka­ners van el­ke kleur het al her­haal­de­lik em­pa­ties die punt ge­stel dat Suid-A­fri­ka aan al­mal be­hoort wat daar­in woon – swart en wit,” sê Kod­wa in ’n ver­kla­ring.

Hy voeg by dat die aan­hef van die Vry­heids­ma­ni­fes onder meer ook lui: “Ons, die men­se van Suid-A­fri­ka, ver­klaar so­dat al­mal in ons land en die wê­reld weet dat Suid-A­fri­ka aan al­mal be­hoort wat daar­in woon, swart en wit, en dat geen re­ge­ring reg­ver­dig ge­sag kan op­eis ten­sy dit die wil van al ons men­se is nie.”

Kod­wa sê Suid-A­fri­ka se ver­bin­te­nis tot nie­ras­sig­heid is ook een van die kon­se­kwent­ste en mees de­fi­ni­ë­ren­de ken­mer­ke van die land waar­na ge­streef word.

“Ons ver­bin­te­nis daar­toe as ’n na­sie is hei­lig en die be­rei­king daar­van is nie on­der­han­del­baar nie.”

Die ANC het om dié re­de ’n be­roep ge­doen op al sy struk­tu­re en lei­ers, as­ook die re­ge­ring wat hy in Gau­teng lei, om hul ska­ke­ling met die ge­meen­skap van El­do­ra­do­park te ver­be­ter.

“Maar nog be­lang­ri­ker is dat die ANC ’n be­roep op alle struk­tu­re en pro­gres­sie­we bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies doen om by bre­ër ge­sprek­ke be­trok­ke te raak oor waar­om land­ge­no­te wat in die be­vry­ding­stryd ’n in­te­gre­ren­de deel van die meer­der­heid sou ge­wees het, meen dat hul­le blyk­baar tot ’n min­der­heid in die de­mo­kra­sie ge­re­du­seer is.

“Dit is be­lang­ri­ke ge­sprek­ke wat ons moet voer om die kloof van po­la­ri­sa­sie en on­te­vre­den­heid onder al ons na­si­o­na­le groe­pe te oor­brug.”

Die land moet daar­teen waak om die vor­de­ring te on­der­myn wat hy ge­maak het om ’n ver­e­nig­de, nie­ras­si­ge, nie­sek­sis­tie­se, de­mo­kra­tie­se en wel­va­ren­de sa­me­le­wing te skep, sê Kod­wa.

Fo­to: DAI­LY SUN

Zi­zi Kod­wa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.