Reg­ter N­goe­pe sal Sas­sa­saak on­der­soek

Beeld - - Nuus -

Reg­ter Ber­nard N­goe­pe is deur die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof aan­ge­stel om die on­der­soek na die so­ge­naam­de Sas­sa­kri­sis te lei.

In die on­der­soek sal be­paal word of Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, per­soon­lik aan­spreek­lik is vir die regs­kos­te van die de­ba­kel.

S­taats­toe­lae van 17 mil­joen men­se was vroe­ër van­jaar in die ge­drang om­dat ’n nu­we kon­trak­teur vir die uit­be­ta­lings nie be­tyds aan­ge­stel is nie.

Die DA ver­wel­kom N­goe­pe se aan­stel­ling. B­rid­get Ma­san­go, DA-LP en -woord­voer­der oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, sê die par­ty meen Dla­mi­ni het die kri­sis ver­oor­saak.

“Dla­mi­ni het son­der suk­ses pro­beer om

Za­ne Dan­gor, voor­ma­li­ge di­rek­teur-ge­ne­raal van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, en

T­ho­ko­za­ni

Mag­wa­za, voor­ma­li­ge be­stuurs­hoof van Sas­sa, te bla­meer. Die DA meen lank­al dat Dla­mi­ni ag­ter die kri­sis sit, moont­lik vir gel­de­li­ke ge­win.”

Die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies Black Sash en F­ree­dom Un­der Law het vroe­ër die hoog­ge­regs­hof ver­soek om Dla­mi­ni aan­spreek­lik te hou vir die kos­te van die reg­sa­ke mid­de-in die kri­sis.

RSG be­rig die hof het ook be­paal dat die kon­trak tus­sen Sas­sa en die diens­ver­skaf­fer Cash Pay­ment Ser­vi­ces vir ’n jaar ver­leng kan word. Hy het ook be­slis dat die he­le kwes­sie met die be­ta­ling van toe­lae on­der­soek moet word. – A­let Jou­bert

‘‘

Die DA meen lank­al dat Dla­mi­ni ag­ter die kri­sis sit, moont­lik vir gel­de­li­ke ge­win.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.