ANC­raads­lid bid dat ‘God die DA ver­nie­tig’

Beeld - - Nuus -

Die DA in die Man­gaung-me­tro in Bloem­fon­tein gaan ’n klag in­dien om­dat Da­vid Pon­go­lo, ANC-raads­lid, van­dees­week op ’n spe­si­a­le raads­ver­ga­de­ring ge­bid het “dat God die DA moet ver­nie­tig” toe hy ge­vra is om die ver­ga­de­ring met ge­bed te o­pen.

Da­le­na Den­nis, DA-raads­lid, sê “hy het van ge­loof ’n be­spot­ting ge­maak”. Sy sê op Dins­dag se spe­si­a­le raads­ver­ga­de­ring het Mxo­li­si Siyon­za­na, spea­ker, Pon­go­lo ge­vra om die ver­ga­de­ring met ge­bed te o­pen.

“Hy het in X­ho­sa ge­bid en aan die ein­de van sy ge­bed ver­soek dat God die DA to­taal ver­nie­tig. Die ANC-raads­le­de het daar­op ge­lag en spot­tend na die DA-le­de ge­wys.”

Pon­go­lo sê hy het maar net ge­bid “dat God hul­le moet help om saam met ons te stem. Maar ek was nie reg­tig erns­tig nie.”

– Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.