Boek oor Joost ‘bring knop in die keel’

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Suid-A­fri­ka­ners sal eers­daags Joost van der West­hui­zen se he­le ver­haal kan lees, van sy kaal­voet­kin­der­dae tot die ein­de van sy le­wens­pad.

Sy broer, Pie­ter van der West­hui­zen, skryf die boek, In die ska­du van ’n le­gen­de. Die boek sal mid­del van­dees­maand be­kend ge­stel word.

Pie­ter skryf eer­lik en baie per­soon­lik oor Joost se rug­by­dae en die im­pak wat “ce­le­bri­ty-wees ge­had het”.

Hy be­skryf roe­rend hul laas­te dae en ure saam voor­dat hy vir al­tyd moes af­skeid neem, lui ’n be­skry­wing deur die uit­ge­wer, Car­pe Diem.

Vol­gens Car­pe Diem het Pie­ter en Joost al­les ge­deel en was hul­le siels­vrien­de.

“Pie­ter skryf hier­die boek as ’n hul­de­blyk aan sy broer. Jy sal tel­kens ’n knop in die keel kry ter­wyl jy lees van hul be­son­der­se vriend­skap en Joost se stryd met mo­tor­neu­ron­siek­te,” lui ’n be­skry­wing.

Van Pie­ter se mooi­ste her­in­ne­rin­ge aan sy tye saam met Joost kom uit hul kin­der­ja­re.

“Hul­le het baie poet­se ge­bak en kat­te­kwaad aan­ge­vang. Hul­le was part­ners in c­ri­me wat me­kaar nooit in die steek sou laat nie.

“Van kleins af het Joost ge­sê dat hy vir die S­pring­bok­ke gaan rug­by speel en hy het vir sy droom ge­werk. Sy har­de werk is be­loon en in 1995 het hy vir die S­pring­bok­ke uit­ge­draf.”

Pie­ter het in ’n s­ta­di­um Joost self ver­sorg en be­skryf eer­lik wat dit aan die een kant van hom ge­verg het en hoe dit hom aan die an­der kant ver­ryk het.

“Om tot­siens te sê, het vir Pie­ter be­te­ken om te leef as­of sy broer ge­nees sou word en nie as­of hy sou sterf nie. Maar hy het ook be­rus, want hy het ge­weet Joost was ge­reed om te gaan.

“Hy be­skryf hoe dit was om sy broer fi­naal te groet.

“Joost is ’n le­gen­de wat nog lank in men­se se har­te en her­in­ne­rings sal voort­leef.

“Hy was nie net ’n uit­ste­ken­de sport­man nie. Na­dat jy hier­die boek ge­lees het, sal jy be­sef dat hy ’n ‘groot’ man was met ’n klein hart wat reg­tig om­ge­gee het vir men­se.”

Joost het op 6 Fe­bru­a­rie op 45-ja­ri­ge ou­der­dom sy stryd teen mo­tor­neu­ron­siek­te ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.