Geld ge­ëis as leeu mag leef

Jag­ter sou dié wat ver­lies ly glo be­taal

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die le­we van die Na­mi­bie­se leeu­man­ne­tjie Keb­bel is ge­spaar . . . vir eers.

Po­ham­ba S­hi­fe­ta, Na­mi­bie­se mi­nis­ter van die om­ge­wing en toe­ris­me, het in­ge­gryp en te mid­de van groot in­ter­na­si­o­na­le druk ge­sê dat geen jag­per­mit nog vir Keb­bel uit­ge­reik is nie.

Keb­bel se le­we was tot Dins­dag in die weeg­skaal na­dat hy glo die laas­te paar maan­de mo­les in die Ses­fon­tein-be­wa­rings­ge­bied in die Ku­ne­ne-streek ge­maak het.

Die plaas­li­ke be­vol­king van net meer as 7 000 in­wo­ners sê die leeu het se­dert Ja­nu­a­rie 15 bees­te, waar­van vier drag­tig was, en twee don­kies ge­vang, doodgebyt en op­ge­ëet.

In­tus­sen het be­wa­rings­ak­ti­vis­te van oor die wê­reld heen ’n ad­ver­ten­sie op die in­ter­net ge­sien waar­in ’n tro­fee­jag­ter ge­nooi word om Keb­bel te kom jag om­dat hy ’n “pro­bleem­dier” is.

Lui­dens ’n be­rig in Die Re­pu­bli­kein het die or­ga­ni­sa­sie S­pots & S­tri­pes Dins­dag ’n ver­soek­skrif met meer as 8 000 hand­te­ke­nin­ge aan amp­te­na­re in die Na­mi­bie­se am­bas­sa­de in Lon­den oor­han­dig waar­in hul­le eis dat Keb­bel nie ge­skiet word nie.

S­hi­fe­ta het aan die koe­rant ge­sê geen per­mit is vir Keb­bel uit­ge­reik nie. Hy sal sorg dat so ’n per­mit te­rug­ge­trek word in­dien dit wel uit­ge­reik word.

Da­ne­ne van der West­huy­zen, pre­si­dent van die Na­mi­bie­se Pro­fes­si­o­ne­le Jag­ters­ver­e­ni­ging (Napha), het gis­ter ge­sê die ge­meen­skap van Ses­fon­tein eis ver­gel­ding. Leeus wat in die woes­tyn aan­ge­pas het, is in kon­flik met die ge­meen­skap.

Die ge­meen­skap is bit­ter te­leur­ge­steld om­dat Keb­bel nie meer ge­jag gaan word nie, sê sy. Hul­le sou glo so­wat R85 000 van die jag­ter kry. “Dit sou hul ver­lies kon ver­goed.”

Sy het vroe­ër van­dees­week uit­ge­vaar teen die “on­in­ge­lig­te o­pen­ba­re ver­set” teen L’Wyk Jan­sen van Vuur­en van Le­o­pard Le­gend Hun­ting Sa­fa­ris, wat die leeu­jag be­mark het.

Jan­sen van Vuur­en, ’n lid van Napha, het gis­ter­mid­dag ge­sê die ak­ti­vis­te het be­lo­we dat as die leeu se le­we ge­spaar word, hul­le die men­se van Ses­fon­tein vir hul ver­lies sal ver­goed. “Ek gaan nou na­mens die ge­meen­skap daar­op aan­dring dat die ak­ti­vis­te die geld be­taal.”

Vol­gens Jan­sen van Vuur­en het van die men­se in die ge­meen­skap te ken­ne ge­gee dat as hul­le ver­lie­se nie ver­goed word nie, gaan hul­le al die leeus in die om­ge­wing ver­gif­tig.

“Dit is ’n moei­li­ke si­tu­a­sie. As die men­se daar bui­te net kan ver­staan dat ’n baie, baie fyn ba­lans ge­hand­haaf moet word so­dat men­se saam met hul vee in vre­de met die wil­de die­re kan leef. Ons sou een leeu se le­we op­ge­of­fer het en meer as 149 ge­red het. Nou kan ek niks waar­borg nie,” sê hy.

Vol­gens hom is daar oor­ge­noeg s­pring­bok­ke in die om­ge­wing, maar vir die leeus is bees­te en don­kies ’n mak­li­ke prooi.

Fo­to: INKI MANDT

Keb­bel, die swart­maan­haar van die Na­mib wat vir eers nie ge­skiet gaan word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.