Hoog­ste golf in 39 j. ge­meet

Beeld - - Nuus -

’n Golf van 11 m hoog – die hoog­ste een in 39 jaar – is ge­meet ty­dens die groot storm op 7 Ju­nie in die Wes-Kaap toe selfs sko­le daar ge­sluit is.

Die golf was suid­wes van Kom­me­tjie.

Daar­die dag is ’n windspoed van tot 120 km/h ter see ge­meet.

Die We­ten­skap­li­ke en Ny­wer­heids­na­vor­sings­raad (WNNR) het gis­ter ge­sê die golf is met ’n Da­ta­well Wa­ve­ri­der MK III-boei ge­meet.

’n Uit­son­der­li­ke lang­golf van 0,7 m is ook ge­meet by die skeeps­vrag­hou­er­ter­mi­naal in die S­choe­man-dok in die Kaap­stad-ha­we.

Al was dié golf nie baie hoog nie, is dit die groot­ste lang­golf wat tot nog toe in die Kaap­stad­ha­we ge­meet is. Sul­ke gol­we kan vol­gens die WNNR vas­ge­meer­de ske­pe van hul an­kers los­skeur.

Boeie van die WNNR en Trans­net word ge­bruik om die hoog­te en in­ten­si­teit van gol­we aan die kus te meet.

– El­sa­bé B­rits

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.