‘Gryp BLF se lei­er nóú’

Hy min­ag hof – Sa­nef

Beeld - - Nuus -

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) en twee hoog­ge­plaas­te joer­na­lis­te het ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien om An­di­le Mngx­i­ta­ma, lei­er van Black First Land First (BLF), in heg­te­nis te laat neem.

Hul­le voer in hof­do­ku­men­te aan dat BLF en Mngx­i­ta­ma ’n hof­be­vel min­ag wat reg­ter Cor­rie van der West­hui­zen op 7 Ju­lie be­krag­tig het.

In die hof­do­ku­men­te wat Sa­nef, Sam So­le, die a­maB­hun­ga­ne-sen­trum vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek se be­stu­ren­de ven­noot, en Fe­ri­al Haf­fa­jee, Huf­fPost SA se raad­ge­wen­de re­dak­teur, gis­ter in­ge­dien het, vra hul­le ’n be­vel dat Mngx­i­ta­ma sum­mier vir ’n tyd­perk van d­rie maan­de (90 dae) in heg­te­nis ge­neem word.

Hul­le vra ook ’n be­vel wat BLF en Mngx­i­ta­ma ver­hoed om joer­na­lis­te te in­ti­mi­deer, te teis­ter, aan te rand, te dreig, na joer­na­lis­te se hui­se te gaan of om e­nig­sins in­breuk op hul per­soon­li­ke vry­heid te maak en dat BLF ver­bied word om drei­ge­men­te of in­ti­mi­de­ren­de bood­skap­pe op so­si­a­le me­dia, op die BLF-web­werf of op Twit­ter te plaas.

BLF en Mngx­i­ta­ma is tot van­dag tyd ge­gee om op die drin­gen­de aan­soek te reageer. Die saak sal op 8 Au­gus­tus aan­ge­hoor word.

Sa­nef het die aan­vank­li­ke hof­be­vel, wat op 7 Ju­lie toe­ge­staan is, ge­vra na­dat Tim Co­hen, re­dak­teur van Bu­si­ness Day, aan­ge­rand is toe hy ’n fo­to ge­neem het van BLF-on­der­steu­ners wat bui­te Pe­ter Bru­ce, raad­ge­wen­de re­dak­teur van die Ti­so Black­star-groep, se huis in Jo­han­nes­burg ver­ga­der het.

Op 27 Ju­lie het BLF-on­der­steu­ners ’n de­bat ont­wrig oor staat­skaping en die #GuptaLeaks-e-pos­bood­skap­pe wat deur a­maB­hun­ga­ne ge­hou is.

a­maB­hun­ga­ne is ’n nie­wins­ge­wen­de maat­skap­py wat ge­stig is om on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek in o­pen­ba­re be­lang te be­vor­der en is een van die in­stel­lings wat die on­der­soek na uit­ge­lek­te e-pos van die Gup­ta­fa­mi­lie ge­lei het. Dit ont­hul die fa­mi­lie se in­vloed in die SuidA­fri­kaan­se o­pen­ba­re sek­tor.

Fo­to: DEAAN VIVIER

An­di­le Mngx­i­ta­ma, lei­er van Black First Land First (BLF).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.