Vrou tronk toe ná sy man wou laat ver­moor

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Haar der­de man moes ten ty­de van ’n “ka­ping” sterf, maar nou gaan Ma­ria (Ma­rie­tjie) Fer­rei­ra se­we jaar lank boet vir die moord wat sy pro­beer re­ël het.

Fer­rei­ra (53) het gis­ter in die streek­hof in M­bom­be­la (Nel­spruit) skuld be­ken op aan­klag van sa­me­swe­ring tot moord.

In­ge­vol­ge ’n plei­toor­een­koms met die staat sal sy se­we jaar van ’n von­nis van 12 jaar tronk­straf uit­dien wat ge­deel­te­lik op­ge­skort is.

“Ek is bly die saak is gou af­ge­han­del en dat ons die ou se le­we kon red,” sê kol. Danie Hall van die Val­ke, wat Fer­rei­ra aan­ge­keer het.

“Sy (Fer­rei­ra) is on­ge­veer vier maan­de ná haar in­heg­te­nis­ne­ming ge­von­nis en ek hoop dit dra ’n dui­de­li­ke bood­skap oor dat sul­ke mis­da­de nie ge­duld sal word nie.”

Vol­gens Hall sal Fer­rei­ra haar vol­le von­nis moet uit­dien as sy ná haar vry­la­ting skul­dig be­vind word aan e­ni­ge ge­weld­mis­daad, in­slui­tend aan­ran­ding.

Hall het Fer­rei­ra in Maart by ’n vul­sta­sie in Wit­ri­vier aan­ge­keer na­dat sy ’n man R20 000 be­loof het om haar man, Car­los

‘‘ Ek is net bly die saak is vin­nig af­ge­han­del en dat ons die ou se le­we kon red. — KOL. DANIE HALL

Fer­rei­ra (55), om die le­we te bring.

Dié “huur­moor­de­naar” was ’n lid van die Val­ke.

Hall sê die eg­paar het die na­week van 19 Maart by vrien­de in Wit­ri­vier ge­kui­er. Fer­rei­ra wou glo hê haar man moes ty­dens ’n “ka­ping” op pad na Mo­sam­biek ver­moor word. Sy en haar man het die P­ri­mo Ca­ba­nas Lod­ge in Mo­sam­biek be­dryf.

“Haar man was baie ver­baas toe ons hom ná haar in­heg­te­nis­ne­ming oor haar be­weer­de plan­ne in­lig,” het Hall ge­sê.

Fer­rei­ra se eer­ste man is aan kan­ker oor­le­de.

Haar twee­de man, Alan Hep­burn, was 42 toe hy Son­dag 5 Fe­bru­a­rie 2012 op ’n hoe­we in Bronk­horst­spruit dood­ge­steek is ter­wyl hy ’n voer­tuig­band ver­vang het. Nie­mand is nog weens sy moord aan­ge­keer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.