1 ak­teur, 1 ge­hoor­lid – te­a­ter nét vir jou

12 in­ten­se stuk­ke son­der weg­kruip­plek

Beeld - - Nuus - AJ Op­per­man

Ver­beel jou ’n to­neel­stuk word nét vir jou op­ge­voer en jy word ’n ka­rak­ter.

Te­a­ter­gan­gers kon dit al in P­re­to­ria er­vaar, maar dié kon­sep maak nou ook sy fees­de­buut in

Ok­to­ber by die Aardklop Na­si­o­na­le Kuns­te­fees

– ’n eer­ste by Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­fees­te.

DEUR­nis word deur T­he­a­tre­roc­ket, ’n pro­duk­sie­maat­skap­py van Jo­han van der Mer­we en Ru­di Sad­ler, aan­ge­bied.

Dis ’n nuut­jie in Suid-A­fri­ka, maar Van der Mer­we het baie van dié soort te­a­ter op die E­din­burg-fees in S­kot­land te­ë­ge­kom.

T­he­a­tre­roc­ket is ook die ver­vaar­di­ger van die ver­hoog­pro­duk­sie van Mark Behr se Die reuk van ap­pels, waar­voor Gi­de­on Lom­bard ’n Kan­na vir bes­te ak­teur by die KKNK ge­wen het. Dit is ook on­langs by die Vry­staat Kuns­te­fees op­ge­voer. Ge­ho­re kan uit­sien na sto­ries soos dié oor ’n skool­seun wat ’n ver­bo­de lief­de moet ge­heim hou; ’n O­lim­pie­se swem­mer in ’n bad voor die groot­ste kom­pe­ti­sie in sy le­we; ’n Stu­dent wat al agt jaar aan ’n graad van vier jaar stu­deer, want sy is meer ver­troud met die lyf­li­ke be­hoef­tes van die plaas­li­ke men­se as met dít wat in haar stu­die­boe­ke staan; en ’n jong bruid wat kort voor haar groot dag koue voe­te kry.

Al­te­sa­me 12 so­lo­stuk­ke, waar­van ses nuut is, word by Aardklop op­ge­voer – aan­ge­bied in een ver­trek deur een ak­teur vir een ge­hoor­lid.

Dit speel af in ’n slaap­ka­mer, bad­ka­mer of kom­buis.

“Die on­der­wer­pe is deel van ons le­we. Dit is in die wê­reld rond­om ons. En die kon­sep maak men­se nuus­kie­rig. Dit sal dalk nie in al­mal se smaak val nie, maar daar was ook al baie men­se wat ge­dink het hul­le sal nie daar­van hou nie, maar dan is hul­le gaan­de daar­oor,” sê Van der Mer­we.

Elk­een van die stuk­ke duur so­wat 20 mi­nu­te.

“Dis ’n baie in­ten­se 20 mi­nu­te, so soms voel dit lan­ger, maar jy is nie ver­veeld nie.

“Daar is nie weg­kruip­plek vir die spe­ler of die ge­hoor­lid nie. En die men­se se re­ak­sie is baie uit­een­lo­pend.”

Vol­gens hom sê som­mi­ge men­se dat hul­le half ver­geet het dat hul­le na ’n to­neel­stuk kyk om­dat dit so werk­lik voel.

Om die reg­te lo­kaal te kry, was ’n uit­da­ging, maar hul­le het ’n huis op­ge­spoor wat tans in ’n trou­lo­kaal om­skep word en die huis is goed toe­ge­rus vir DEUR­nis se doel­ein­des.

DEUR­nis word op­ge­deel in vier pak­ket­te, waar­van elk­een ne­ge keer aan­ge­bied word. ’n Pak­ket kos R220 en be­staan uit d­rie so­lo­stuk­ke. Dit word op­ge­voer in die Aardklop-a­tri­um en die ou­der­doms­be­per­king is 16. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

■ Pak­ket 1:

Koud met Ben Pie­naar (teks en re­gie: Hen­que Hey­mans);

Broei met Me­lin­da B­rink (teks: Cor­né Jou­bert en re­gie: S­ha­reen Swart); en

S­wem met Jan­nes Eras­mus (teks: Eras­mus en re­gis­seurs: Eras­mus en Jo­han van der Mer­we).

Da­tums en tye: 3, 5 en 7 Ok­to­ber om 09:00, 10:30 en 17:30, en op 4 en 6 Ok­to­ber om 14:00 en 19:30.

■ Pak­ket 2:

Rou met De­wald van der Mer­we (teks: Hen­que Hey­mans en re­gie: Est­her Ros­souw);

Hof­fie met L­le­wel­lyn S­teen­kamp (teks en re­gie: Jo­hann S­mith); en

Stu­dent met Ju­a­ni­ta de Vil­liers Velts (teks: Braam van der Vy­ver en re­gie: An­dré Velts).

Da­tums en tye: 3, 5 en 7 Ok­to­ber om 09:00, 10:30 en 17:30, en op 4 en 6 Ok­to­ber om 14:00 en 19:30.

Ho­me met A­neshree Paul (ook die skry­wer en re­gis­seur);

Win­kel­pop met Ti­aan Slab­bert (teks: Braam van der Vy­ver en re­gie: Jo­han van der Mer­we); en

Toets/Test met Ro­che van B­lerk/Re­nos S­pa­nou­des (teks en re­gie: Jo­hann S­mith).

Da­tums en tye: 3, 5 en 7 Ok­to­ber om 09:00, 10:30 en 17:30, en op 4 en 6 Ok­to­ber om 14:00 en 19:30.

Vry met Zan­der de Beer (teks en re­gie: Jo­hann S­mith);

An­ders met È­mil Haar­hoff (teks: Hen­que Hey­mans en re­gie: Jan­nes Eras­mus); en

Bang met Ela­ni Dek­ker (teks en re­gie: S­ha­reen Swart).

Da­tums en tye: 3, 5 en 7 Ok­to­ber om 09:00, 10:30 en 17:30, en op 4 en 6 Ok­to­ber om 14:00 en 19:30.

Fo­to: HEN­QUE HEY­MANS

Jan­nes Eras­mus in S­wem.

Fo­to: HEN­QUE HEY­MANS

Ben Pie­naar in Koud.

Fo­to: HEN­QUE HEY­MANS

Me­lin­da B­rink in Broei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.