Kort­fliek ‘Sol­daat’ net be­gin van Jep­h­ta as fliek­re­gis­seur

Beeld - - Nuus - La­e­ti­tia Pop­le

Dit is net die be­gin, sê die te­a­ter­skep­per Amy Jep­h­ta oor Sol­daat, haar eer­ste po­ging ag­ter die ka­me­ras as rol­prent­re­gis­seur.

Dié kort­fliek wat die daag­lik­se le­we van jong men­se op die Kaap­se Vlak­te be­lig, draai bin­ne­kort by die kykNET Sil­wer­skerm­fees in Kamps­baai, Kaap­stad.

Jep­h­ta, ’n be­kroon­de te­a­ter­skep­per en -skry­wer, se to­neel­stuk K­ris­tal­vlak­te (’n ver­pla­sing van Ber­tolt B­recht se Mut­ter Coura­ge und ih­re Kin­der na die Kaap­se Vlak­te) het van­jaar die Eugè­ne Ma­rais-prys vir dra­ma ont­vang. Jep­h­ta is van Mit­chells Plain en diep ver­troud met haar on­der­werp.

“Ek voel dis my plig as bruin kuns­te­naar om my men­se en my ge­meen­skap uit te beeld: die mooi so­wel as die moei­lik. Ek ver­tel hier­die sto­ries om­dat ek die wê­reld waar ek van­daan kom op die skerm wil sien.”

Sol­daat het ont­wik­kel uit ’n to­neel­stuk wat sy en Ephraim Gor­don ge­skryf het. Gor­don, die fliek se ver­vaar­di­ger, is ook haar ven­noot in hul pro­duk­sie­huis Pa­perJet Pro­ducti­ons.

Sol­daat speel in Bis­hop La­vis af. “Die kort­fliek is ’n ver­ken­ning van die span­ning tus­sen man­lik­heid en kwes­baar­heid op die Kaap­se Vlak­te. Hoe vriend­skap­pe aan­ge­knoop word en hoe seuns in ’n wre­de om­ge­wing oor­leef.”

Die prent speel af teen die ag­ter­grond van ’n daag­liks sty­gen­de do­de­tal – 20 men­se is reeds die af­ge­lo­pe twee maan­de in Bis­hop La­vis in ben­de­ge­weld dood.

Die sto­rie han­del oor twee jong seuns wat in die skool­va­kan­sie in ’n ben­de se wê­reld in­ge­trek word. “Ter­self­der­tyd is dit die eer­ste dag op straat vir ’n rook­ie-po­li­sie­man. Soos die dag vor­der, kruis en bots hier­die twee sto­ries en word die be­trok­ke le­wens on­her­roep­lik ver­an­der.”

Die fliek duur 24 mi­nu­te. Die groot­ste uit­da­ging was juis om ge­noeg tyd te kry om­dat dit haar eer­ste rol­prent is wat sy son­der e­ni­ge er­va­ring aan­ge­pak het. “Ons het net vier dae ge­skiet en re­di­ge­ring het net een week ge­duur.”

Haar sterk te­a­ter­ag­ter­grond het haar ver­al ge­help, glo sy. “My lief­de vir sto­ries en my ver­moë om met ak­teurs te kom­mu­ni­keer het my baie ge­help. Ek moes als op stel leer en ek is dank­baar vir ’n won­der­li­ke span wat my on­der­steun het.

“Op ’n rol­prent het mens so­veel me­de­wer­kers. Elk­een het ’n spe­si­fie­ke taak en voeg hul ta­len­te en point of view by die sto­rie.

“As te­a­ter­ma­ker voel ek soms baie een­saam. Be­perk­te be­gro­tings gee ’n mens nie eint­lik kans om met ’n groot span te werk nie.”

Die ak­teurs El­ton Landrew, Jos­hua Vraagom, Jay­den Booy­sen, Noel Oos­ten­dorp en Dus­tin Beck is son­der ou­di­sies be­trek.

“Ons het on­mid­del­lik ge­weet wie ons wou hê. El­ton is ’n vol­ko­me pro­fes­si­o­ne­le ak­teur en ons was baie ge­luk­kig dat hy tyd ge­kry het in sy ske­du­le.

“Dus­tin was een van my stu­den­te en ’n sterk jong ta­lent. Dis Jay­den se eer­ste rol­prent en ek is baie trots op sy werk. Jos­hua was al te sien in Noem my skol­lie, hy’t hom­self be­wys as ’n ak­teur om dop te hou. Noel werk al baie lank in die be­dryf en sy ja­re lan­ge er­va­ring was ’n ple­sier op die stel.”

Jep­h­ta werk al meer as tien jaar saam met Gor­don.

“Ons is vrien­de, het saam stu­deer en ons pro­duk­sie­huis is ge­stig met Sol­daat as ons eer­ste rol­prent. Ons het ook pas geld ge­kry van die Na­si­o­na­le Fil­men Vi­de­o­stig­ting vir ons twee­de kort­fliek­pro­jek, so hier­die is net die be­gin.”

Die ont­wik­ke­ling van dié kort­fliek is reeds aan die gang en “dit is die in­spi­re­ren­de sto­rie van hoe jazz­mu­siek ’n jong man se le­we ver­an­der”.

Be­ne­wens Jep­h­ta se te­a­ter­werk skryf sy ook tans vir die kykNET-se­pie Suid­oos­ter.

■ 64 rol­pren­te word van 23 tot 26 Au­gus­tus by die kykNET Sil­wer­skerm­fees in The Bay-ho­tel in Kamps­baai ver­toon.

Daar is 21 nu­we kort­flieks en agt vol­leng­te rol­pren­te. Be­ne­wens pre­mi­è­res van die nuut­ste A­fri­kaan­se flieks draai John T­ren­go­ve se The Wound en A­kin O­mo­to­so se Va­ya, wat reeds op­slae op oor­se­se fees­te ge­maak het.

Dok­kies is ook deel van die fees wat in­sluit Doc-U-Men­tal­ly, Stri­ke a Rock, as­ook die SuidA­fri­kaan­se pre­mi­è­re van Win­nie.

Die fees o­pen met Raai­sel­kind, ’n ver­wer­king van An­ne­lie Bo­tes se ro­man, en sluit af met Va­se­li­ne­tjie, ’n ver­wer­king van Anoes­chka von Meck se ro­man.

Fo­to: GABRIELLA ACHADINHA

Op stel in Bis­hop La­vis saam met die re­gis­seur Amy Jep­h­ta is Jay­den Booy­sen en El­ton Landrew.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.