Die les van die ‘kna­en­de’ boek wat o­ral op­duik

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Dis as­of die boek dees­dae op al­ler­han­de ma­nie­re in my han­de be­land, so half op­drin­ge­rig. Eers val die ding om geen re­de ka­plaks uit my eie boek­rak. Die­self­de boek lê op die jong­ste se boek­rak in haar ka­mer, sien ek met ’n kui­er in die stad, en toe ek ’n guns­te­ling-boek­win­kel be­soek – heer­lik deur­me­kaar soos ’n win­kel vol twee­de­hand­se skat­te moet lyk – be­land die ein­ste boek weer in my han­de.

The A­fri­ca Hou­se deur Chris­ti­na Lamb ver­tel die sto­rie van S­tewart Go­re-Bro­wn se ko­lo­ni­a­le droom­huis in die mid­del van niks by S­hi­wa N­gan­du na­by M­pi­ka in Zam­bië. Die B­rit­se re­ge­ring in die des­tyd­se Noord-R­ho­de­sië het aan Go­re-Bro­wn, as ve­te­raan van die Eer­ste Wê­reld­oor­log, ’n lap grond toe­ge­ken – ’n groot stuk aar­de met in­ge­sluit ’n meer en ’n warm­bron, Ka­pishya S­prings. Hy het vir hom ’n ka­sarm van ’n huis laat bou en lin­ne en kris­tal­gla­se en boe­ke en ta­py­te van En­ge­land laat kom en dit deur so­wat 700 km se moe­ras­si­ge land­skap laat kar­wei.

Op hier­die dood­ge­wo­ne mid­dag in die boek­win­kel neem die reuk van ou pa­pier my weer te­rug na ’n be­soek aan S­hi­wa N­gan­du ja­re ge­le­de.

Die gids se naam was Sun­day. Hy het op­ge­daag ie­wers van­uit die om­rin­gen­de bloe­kom­plan­ta­sies of uit een van die kel­ders van die huis of dalk van ’n hout­boot op die S­hi­wa-meer.

Daar was die in­gangs­por­taal, muw­we­rig; die ta­pis­se­rieë teen die mu­re tam en mot­ge­vreet. In die eet­ka­mer met die swaar en don­ker hout­meu­bels het ’n sam­pi­oen teen die een stoel­poot ge­groei. Die verf wou ook nie meer aan die mu­re klou nie.

Maar om die een of an­der re­de het die uit­son­der­li­ke boe­ke­ry in Go­re-Bro­wn se bi­bli­o­teek op die boon­ste ver­die­ping die mees­te ska­de van die muw­we­ri­ge hu­mi­di­teit vry­ge­spring.

Kyk, het Sun­day deur een van die e­nor­me vo­lu­mes van Go­re-Bro­wn se dag­boe­ke ge­blaai, so lyk die plan­ne wat aan­vank­lik op­ge­stel is; so is dit aan­ge­pas, en hier is die lys van bou­ma­te­ri­aal; hier die no­ti­sie van hoe­veel bak­ste­ne ge­bak is waar die bloe­koms nou staan.

Heel­wat la­ter het ons uit­ge­stap op die klein bal­kon uit daar­die bi­bli­o­teek­ver­trek en oor die uit­ge­strek­te eens nou­keu­ri­ge tuin ge­kyk, en met die te­rug­stap deur die leë ver­trek­ke het ek ge­dag hoe ’n on­be­woon­de huis so­veel vin­ni­ger slyt as wat ’n mens ooit kan dink. Daar­by is A­fri­ka ’n ja­loer­se min­na­res en eis sy te­rug wat aan haar be­hoort deur hon­ger boom­wor­tels deur fon­da­sies te laat beur; gryp taai lo­te om ven­ster­ra­me, en sy­fer die e­wi­ge klam hit­te deur en ín als.

Ek het dit al­les ont­hou in die stil boek­win­kel, en ge­won­der waar­om die boek tans so ge­du­rig in my han­de op­doem. Is dit om weer her­in­ner te word aan die pas­sie van ’n droom, of as te­reg­wy­sing hoe vlie­tend al­les op hier­die on­der­maan­se is, hoe on­stand­hou­dend?

Toe ek die boek wil te­rug­sit op die rak, sien ek die boek­merk raak, maak die boek daar oop: “Just be­cau­se one li­ves in A­fri­ca, is not to say one can­not do it pro­per­ly.”

‘‘

A­fri­ka is ’n ja­loer­se min­na­res en eis te­rug wat aan haar be­hoort . . . boom­wor­tels beur deur fon­da­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.