Ge­we­tens­plig of ge­hei­me stem­me in wan­trou­e­mo­sie

Beeld - - Kommentaar -

Be­gin­sel­ge­wys kan Suid-A­fri­ka vol­gen­de week van pres. Ja­cob Zu­ma en sy ka­bi­net ont­slae wees en die land ’n nu­we pre­si­dent kry. So hoort dit in ’n vol­waar­di­ge de­mo­kra­sie wat by mag­te moet kan wees om die trek­pas te gee aan ’n staats­hoof wat die land in die steek laat en ver­troue ver­beur het.

Prak­ties ge­spro­ke hang dit af van hoe die twee­sny­den­de si­tu­a­sie ra­ken­de ’n ge­hei­me stem­ming in die mo­sie van wan­troue in Zu­ma in die na­si­o­na­le ver­ga­de­ring ont­vou.

Dit sou verg dat meer as 50% van die 400 LP’s – min­stens 201 – in die stem­ming na­mens kie­sers hul wan­troue met Zu­ma be­tuig. Hier­voor sou 51 van die 250 ANC-LP’s hul stem teen Zu­ma by die op­po­si­sie s’n moet voeg. As ge­we­tens­plig en aan­spreek­lik­heid ’n maat­staf was, sou kor­te met­te met Zu­ma ge­maak word. Suid-A­fri­ka­ners se weer­stand teen dié ANCal­ba­tros, staat­skaping en kor­rup­sie laai op.

On­ge­luk­kig gee diens­wil­lig­heid en guns­lo­ne die pas aan in die ANC-kol­lek­tief se heg­te stel­sel van he­ge­mo­nie­se pa­tro­naat­skap. Van ANC-le­de om die par­ty­greep te breek verg bui­ten­ge­wo­ne moed, soos wat Mak­ho­zi K­ho­za en Mond­li Gun­gu­be­le wel in­ge­vol­ge oor­tui­ging en on­danks vik­ti­mi­se­ring doen.

Sou die stem­ming in die wan­trou­e­mo­sie op 8 Au­gus­tus oop wees, staan K­ho­za, Gun­gu­be­le en e­ners­den­ken­de ANC-LP’s voor ’n oom­blik van waar­heid in die ANC-be­winds­ter­myn.

Vir adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en an­der hoë ANC’s wat o­pen­ba­re ge­lui­de teen kor­rup­sie en staat­skaping en vir on­kreuk­ba­re re­ge­ring ui­ter, is hul ge­loof­waar­dig­heid op die s­pel.

Sou dit ’n ge­hei­me stem­ming wees, kan dit ’n on­ge­ken­de di­na­mi­ka in ANC-ge­le­de­re ont­ke­ten. Die EFF sê hul­le het al met 60 ANC-LP’s ge­praat en meer as 50 sien kans om a­no­niem teen Zu­ma stem.

Die DA sê sy grief­skrif teen Zu­ma is deur ’n mil­joen men­se on­der­te­ken. Fu­tu­re South A­fri­ca vra dat Suid-A­fri­ka­ners hul lig­te die aand voor die mo­sie af­ska­kel. Of die weer­stand teen Zu­ma nou op die spits ge­dryf gaan word, sal vol­gen­de week blyk.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker, is die ANC-werk­tuig om die ge­hei­me stem­ming af­ge­weer te kry. Sy hou die op­po­si­sie aan ’n lyn­tjie oor haar be­sluit, wat hul moont­li­ke her­sie­ning daar­van in die hof be­na­deel.

En eint­lik moes dit nie saak ge­maak het of die stem­ming oop of ge­heim is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.