On­der­soek kul­le­ry met kaart­jies

Beeld - - Kommentaar - Se­vens On­der­steu­ner

Daar is ’n slang in die gras wat drin­gend on­der­soek moet word.

Twee men­se is die na­week dood in ’n storm­loop om toe­gang tot die FNB-sta­di­on vir die sok­ker­wed­stryd tus­sen Kai­zer C­hiefs en Pi­ra­tes. ’n Voor­lo­pi­ge on­der­soek dui daar­op dat on­ge­veer 10 000 ver­vals­te kaart­jies ver­koop is.

Beeld het Vry­dag be­rig oor ver­vals­te kaart­jies vir die wed­stryd tus­sen die C­hee­tahs en die WP. Die po­li­sie on­der­soek twee web­tuis­tes oor be­drog en die ver­skaf­fing van ver­vals­te kaart­jies.

In Sa­ter­dag se Beeld word be­rig dat die kaart­jies vir die Se­wes­toer­nooi in De­sem­ber in Kaap­stad bin­ne ure uit­ver­koop is.

Dis ’n hart­seer ver­haal. Ses van ons het ver­geefs kaart­jies pro­beer kry. Ek ver­moed ons het met re­ke­naar­pro­gram­me vir die kaart­jies mee­ge­ding.

Trots ver­tel my swa­er dat hy al op 1 Ju­lie op vi­a­go­go.co.za kaart­jies ge­koop het. Hy het meer as R900 be­taal vir ’n kaart­jie wat Com­pu­tic­ket Vry­dag vir R150 ver­koop het.

Hy moes al die a­dres­se ver­skaf waar hy van toe af tot die dag voor die wed­stryd kan wees so­dat die kaart­jies af­ge­le­wer kan word.

Hy het sy kaart­jies nog nie ont­vang nie. Ek dink hy is met ’n slap riem ge­vang. Is die kaart­jies dalk ver­koop voor­dat dit werk­lik be­skik­baar was?

Kaart­jies is steeds op vi­a­go­go. co.za be­skik­baar, maar nou teen dui­sen­de ran­de elk. Werk maar self die on­ge­loof­li­ke wins­grens per kaart­jie uit.

Dié soort kaart­jie­han­del is in Aus­tra­lië ver­bied om­dat dit leë sta­di­ons ver­oor­saak het ten spy­te van die feit dat die kaart­jies uit­ver­koop is. Geen kaart­jie mag meer daar ver­koop word vir meer as 10% van die oor­spronk­li­ke prys nie, an­ders word dit as ’n mis­dryf be­skou.

Nou won­der ek: Het die leë sit­plek­ke by Su­per­rug­by se half­eind­stryd met die ver­ko­pe ge­klop?

En gaan Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-eind­stryd ook sy kwo­ta ver­vals­te kaart­jies op­le­wer?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.