Pe­ter Hain, wat van Zim­bab­we?

Beeld - - Kommentaar - Nick Louw, Rand­fon­tein

Met be­lang­stel­ling luis­ter ek van­og­gend (gis­ter) na RSG en sien in Beeld dat Pe­ter Hain ook Wits se sa­ke­skool be­soek.

In die a­part­heids­ja­re het Hain vu­rig teen a­part­heid be­toog (saam met Den­nis Bru­tus, T­re­vor Hudd­le­ston, Jo­seph N. Gar­ba en an­der). Hy het die rug­by- en krie­ket­toe­re in 1969 en 1970 ook help ont­wrig.

My vraag is: Waar is sy kom­men­taar op of pro­tes teen die men­se­reg­te­ver­gry­pe in Zim­bab­we of dit wat nou in die post­a­part­heids­e­ra in Suid-A­fri­ka aan­gaan? (Ek praat a­part­heid nie goed nie.) Mis­kien spreek hy hom wel daar­teen uit, maar ek het nog nie daar­van ge­lees of ge­hoor nie.

Kan dit dalk wees dat die pon­de wat van die men­se ge­kry het om te be­toog dalk meer ge­tel het?

Wat is die ver­skil tus­sen toe en nou of weeg die een swaar­der as die an­der een? Of was a­part­heid die “ge­wild­ste” een om teen te be­toog en stand­punt teen in te neem?

Ek het tal­le ke­re ver­geefs briewe daar­oor in die B­rit­se me­dia ge­plaas pro­beer kry. Ek daag Hain uit om ter­wyl hy in Suid-A­ri­ka is ons dui­de­lik weer sy stem te laat hoor of het hy nie meer die veg­lus van vroe­ër nie?

Pe­ter Hain

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.