Ver­dui­de­lik vreem­de be­grip ‘haat’

Beeld - - Kommentaar - Fran­cois du Toit, Si­no­vil­le, P­re­to­ria

Die be­rig “Pil­lay wil ap­pel­leer oor blog”, (Beeld, 01.08) het be­trek­king.

Ek wil graag weet wat “haat” is. Hoe er­vaar ’n mens dit? Is dit ’n sterk ge­voel van weer­sin in of af­keer van ’n an­der? Hoe sal ’n mens dit in le­ke­taal de­fi­ni­eer? ’n Tie­ner het haat ver­dui­de­lik as “’n in­ten­se ge­voel van weer­sin op ste­ro­ïed”.

Maar ek moet in alle eer­lik­heid er­ken ek het nog nooit die ge­voel ge­had dat ek ie­mand “haat” nie. Dit is dus ’n to­taal vreem­de be­grip vir my. Te oor­deel na die uit­la­tings op so­si­a­le me­dia is daar baie men­se wat met die be­grip suk­kel.

Kan le­sers haat aan my ver­dui­de­lik? Ek sal dit waar­deer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.