Ar­me amp­te­na­re se kop­pe rol vir Gup­tas

Beeld - - Middelblad -

So ewe as­of sy die hoof­be­sem is wat kor­rup­sie weg­vee, gaan steek die om­stre­de en ho­pe­lo­se Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, haar per­soon­li­ke as­sis­tent, Kim Da­vids, in die pad.

Dit om­dat Da­vids vol­gens Gup­ta­e­pos­bood­skap­pe die Gup­tas se gas in die luuk­se O­be­rio­ho­tel in Du­bai was. Bro­wn is te­vre­de met Da­vis se ver­dui­de­li­king, maar meen dit kan haar kan­toor skaad as Da­vis daar bly.

Nou is Lood heel­te­mal ver­ward. Wat dan van mi­nis­ters, soos Mo­se­ben­zi Z­wa­ne en Ay­an­da Dlod­lo, wat ook al lus­tig op Gup­ta­kos­te ge­vlieg en luuks tuis­ge­gaan het?

Dit is dui­de­lik wat hier gaan ge­beur: Amp­te­na­re – in som­mi­ge ge­val­le met min­de­re oor­tre­dings – gaan vir die wol­we ge­gooi word in ’n des­pe­ra­te po­ging deur die po­li­ti­ci om te oor­leef. Dit gaan niks help nie, Lyn­ne, jou po­li­tie­ke loop­baan gaan dit nie oor­leef nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.