‘15’ is jou bes­te vriend vir geld by af­tre­de

Beeld - - Middelblad - El­vi­ra Wood

Wan­neer dit by fi­nan­si­ë­le be­plan­ning vir jou af­tre­de kom, is die ge­tal 15 jou nu­we bes­te vriend.

Dit is die ge­tal wat dit vir jou mak­lik maak om uit te werk pre­sies hoe­veel geld jy no­dig het om mee af te tree en om te sien of jy ge­noeg vir af­tre­de spaar, sê Ka­ren Went­zel, hoof van an­nu­ï­tei­te by San­lam.

“Wan­neer jy teen 65-ja­ri­ge ou­der­dom af­tree, moes jy 15 keer jou fi­na­le jaar­lik­se sa­la­ris ge­spaar het om ’n in­fla­sie­ge­kop­pel­de an­nu­ï­teit te kan koop wat jou sa­la­ris gaan ver­vang,” sê sy. “Dit is dus jou ge­tal.”

“Ons be­re­ke­ning is ge­grond op ’n ge­mid­del­de le­wens­ver­wag­ting van on­ge­veer 85 jaar,” sê sy.

Dit kom dus daar­op neer as jy op 65 af­tree, jy ge­noeg moes ge­spaar het om jou vir ten min­ste die vol­gen­de 20 jaar te kan on­der­hou.

In daar­die tyd moet jy in­fla­sie in ge­dag­te hou, as­ook die feit dat jy soos jy ou­er word, meer me­die­se uit­ga­wes gaan hê.

Went­zel sê Suid-A­fri­ka­ners meet dees­dae am­per al­les: van hoe­veel treë hul­le per dag gee en hoe­veel pun­te hul­le in win­kels en ban­ke se lo­ja­li­teits­pro­gram­me ver­dien het tot die ge­tal men­se wat hou van hul nuut­ste fo­to of in­skry­wing op hul so­si­a­le­me­dia-blaaie.

Wat hul­le nié meet nie, is of hul­le op die reg­te koers is wat

be­tref hoe­veel hul­le al vir hul af­tre­de ge­spaar het.

Went­zel sê die twee vrae wat el­ke mens be­hoort te vra, is vir eers oe­veel geld gaan ek no­dig hê vir af­tre­de en ten twee­de hoe­veel moet ek el­ke maand of el­ke jaar spaar om dié be­drag by­me­kaar te maak?

Die mee­gaan­de ta­bel wys hoe­veel jy reeds moet ge­spaar het as jy vir jou af­tre­de be­gin spaar het toe jy 25 jaar oud is/was.

Die be­re­ke­nin­ge is op die vol­gen­de aan­na­mes ge­grond:

Jy spaar 15% el­ke jaar van jou jaar­lik­se sa­la­ris, in­slui­tend 15% van e­ni­ge bo­nus of 13de tjek; jy ver­dien 10% per jaar op­brengs op jou be­leg­gings; en jy kry ’n sa­la­ris­ver­ho­ging van 6,5% per jaar.

Went­zel be­veel ook ’n be­hoor­li­ke oor­sig aan van wat die waar­de van al jou hui­di­ge ba­tes en be­leg­gings teen­oor jou (en as jy ge­troud is jou eg­ge­noot se) to­ta­le uit­staan­de skuld is.

“Nou­dat jy weet wat jy het en hoe­veel jy skuld, sal dit ’n be­ter aan­dui­ding gee oor hoe om jou doel­wit – die be­drag wat jy vir af­tre­de moet spaar – te be­reik. As jy laat ge­slaap het

Jy gaan waar­skyn­lik ’n gro­ter deel van jou sa­la­ris moet spaar. Die mee­gaan­de ta­bel wys pre­sies hoe­veel.

‘Dis on­moont­lik!’

As jy eers la­ter weg­spring, is dit mak­lik om na die sy­fers te kyk en tou op te gooi om­dat dit on­moont­lik lyk.

Je­a­net­te Ma­rais, ’n di­rek­teur van Al­lan Gray, het vroe­ër ge­sê as jy jou in dié boot­jie be­vind, is die ant­woord om af­tre­de so lank as moont­lik uit te stel.

Ma­rais sê net ’n paar jaar kan won­de­re doen vir jou af­tree-in­kom­ste.

As jy by­voor­beeld vyf jaar lan­ger werk, voeg jy tien jaar by hoe lank jou ka­pi­taal kan hou.

Selfs deel­tyd­se werk, wat be­te­ken jy het min­der van jou af­tree­geld no­dig, kan ’n e­nor­me by­drae le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.