Hoen­der­be­dryf stei­er

Beeld - - Middelblad - Vi­da Booy­sen en El­vi­ra Wood

Die plaas­li­ke hoen­der­be­dryf se oor­le­wing­stryd teen vo­ël­griep en goed­koop in­ge­voer­de hoen­der­stuk­ke raak daag­liks fel­ler.

Dit lyk as­of vo­ël­griep nou en­de­mies in M­pu­ma­lan­ga en Gau­teng ge­word het, en die land se groot­ste pluim­vee­pro­du­sent, Astral, loop erg deur.

Die maat­skap­py het pas aan­ge­kon­dig dat nog een van sy broei­pla­se onder die hoogs aan­steek­li­ke H5N8-vi­rus deur­loop. Duur teel­hoen­ders van tot R1 000 stuk moet hier ver­nie­tig word.

Chris S­chut­te, uit­voe­ren­de hoof van Astral, sê die be­sker­ming van Suid-A­fri­ka se pe­per­duur broei­voor­raad is nood­saak­lik om ver­de­re gel­de­li­ke ver­lie­se vir die plaas­li­ke be­dryf, wat meer as R46 mil­jard werd is, te stuit, as­ook om ver­de­re werk­ver­lies te ver­my en voed­sel­se­ker­heid te be­skerm. Hy vra dat die re­ge­ring nou in­en­ting teen die vi­rus oor­weeg.

“Toe die herfs­kom­man­do­wurm die land se mie­lie­be­dryf be­dreig het, het die mi­nis­ter per­soon­lik in­ge­gryp. Die uit­bre­king van die hoogs aan­steek­li­ke soort vo­ël­griep in Suid-A­fri­ka is nie meer net ’n be­drei­ging vir in­di­vi­du­e­le pluim­vee­boe­re nie, maar is van na­si­o­na­le be­lang vir alle be­dry­we wat van dié boe­re af­hank­lik is.”

In­tus­sen het Fai­rPlay, ’n or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag wat teen stor­ting veg, gis­ter op ’n pa­neel­be­spre­king in Jo­han­nes­burg ge­waar­sku dat die Suid-A­fri­kaan­se pluim­vee­be­dryf nie staan­de kan bly nie teen “roof­sug­ti­ge stor­ting” uit ge­bie­de soos die Eu­ro­pe­se U­nie, waar pro­du­sen­te groot sub­si­dies ont­vang.

Fai­rPlay be­plan om bin­ne­kort ’n pe­ti­sie aan pres. Ja­cob Zu­ma en dr. Rob Da­vies, mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, voor te lê waar­in hul­le drin­gen­de stap­pe teen die in­voer van pluim­vee­pro­duk­te na Suid-A­fri­ka vra.

Reg­ter Ri­chard Golds­to­ne, een van die pa­neel­le­de, sê dat roof­sug­ti­ge stor­ting die stor­ter uit­ein­de­lik in staat stel om die plaas­li­ke mark te oor­heers. Maar nóg stor­ting nóg roof­sug­ti­ge stor­ting is in­ge­vol­ge Suid-A­fri­kaan­se of in­ter­na­si­o­na­le wet­ge­wing on­wet­tig. Dit maak dit dus baie moei­lik om reg­stap­pe daar­teen te doen.

Die jong­ste uit­bre­king van die vo­ël­griep, wat nie ge­vaar­lik vir men­se is nie, maar do­de­lik vir vo­ëls, is op Astral se broei­plaas Wel­be­dacht aan die oe­wer van die Groot­draai­dam net bui­te S­tan­der­ton. Dit volg op die uit­bre­king op ’n plaas van Astral in die Vil­liers-dis­trik.

“Die twee uit­bre­kings hou geen ver­band met me­kaar nie en die ver­sprei­ding van in­fek­sie op die Vil­liers-plaas is suk­ses­vol be­heer,” sê Ga­ry Ar­nold, Astral se be­stu­ren­de di­rek­teur van land­bou.

Maar hy voeg by dat die vi­rus in ag­ter­plaas­hoen­ders en wil­de wa­ter­vo­ëls in die S­tan­der­ton-dis­trik op­ge­merk is en dat dit be­gin lyk of die H5N8vi­rus en­de­mies aan M­pu­ma­lan­ga en Gau­teng word.

“Dit is be­kend dat ’n aan­tal groot kom­mer­si­ë­le hoen­der­pla­se in hier­die dis­trik ge­leë is en die teen­woor­dig­heid van die vi­rus in dié streek hou ’n erns­ti­ge be­drei­ging vir dié on­der­ne­mings in.”

Die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye het reeds tien uit­bre­kings be­ves­tig, vier daar­van op kom­mer­si­ë­le hoen­der­pla­se. Die uit­bre­kings is al­mal in M­pu­ma­lan­ga en Gau­teng.

Die de­par­te­ment het Dins­dag in die par­le­ment ge­vra dat die na­si­o­na­le te­sou­rie R23 mil­joen be­wil­lig om die uit­bre­king van vo­ël­griep onder hoen­ders te be­stuur.

Meer as 800 000 hoen­ders is reeds weens vo­ël­griep van kant ge­maak, ter­wyl mil­joe­ne ei­ers ver­nie­tig is.

Fo­to: BLOOMBERG

In 2016 is 240 000 t hoen­der­stuk­ke aan die been na Suid­A­fri­ka in­ge­voer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.