E­co­bank knou Ned­bank, ‘maar sy voor­uit­sig­te ver­be­ter’

Beeld - - Middelblad - Niel Jou­bert

Ned­bank se be­lang in E­co­bank het die Suid-A­fri­kaan­se maat­skap­py wéér ge­knou, maar Ned­bank bly po­si­tief oor die voor­uit­sig­te vir dié be­leg­ging.

Ned­bank se eie be­dry­wig­he­de vaar wel goed, het die maat­skap­py gis­ter by die be­kend­ma­king van sy re­sul­ta­te vir die ses maan­de tot ein­de Ju­nie ge­sê.

Mi­ke Bro­wn, uit­voe­ren­de hoof van Ned­bank, sê die maat­skap­py se be­dry­wig­he­de wat hy self be­stuur, het ’n “ste­wi­ge ver­to­ning” ge­le­wer met ’n 6,7%-sty­ging in sy we­sens­ver­dien­ste in dié tyd­perk.

Die ver­to­ning van die maat­skap­py in ge­heel is ne­ga­tief ge­raak deur Ned­bank se aan­deel in die ver­lies van sy as­so­si­aat E­co­bank, sê Bro­wn. Ge­volg­lik is Ned­bank se al­ge­he­le we­sens­ver­dien­ste 2,9% la­er op R5,27 mil­jard vir die ses maan­de.

E­co­bank suk­kel met swak e­ko­no­mie­se toe­stan­de in sy groot­ste mark­te in Wes- en Sen­traal-A­fri­ka, ver­al in Ni­ge­rië.

Bro­wn sê daar is steeds ri­si­ko’s vir E­co­bank, maar die voor­uit­sig­te ver­be­ter.

E­co­bank het Ned­bank se sy­fers ook in die 2016-boek­jaar ge­knou. Ned­bank het in Ok­to­ber 2014 ’n be­lang van so­wat 20% in die maat­skap­py ver­kry.

Ned­bank se to­ta­le ge­tal kli­ën­te het oor die tyd­perk met 4% tot 7,9 mil­joen toe­ge­neem.

Ned­bank se kor­po­ra­tie­we en be­leg­gings­bank­diens­te was weer die uit­blin­ker van sy d­rie be­dryfs­af­de­lings. Dié af­de­ling se we­sens­ver­dien­ste het met 6,9% tot R3,2 mil­jard toe­ge­neem.

Sy klein­han­del- en sa­ke­bank­diens­te het ook ste­wig ver­toon en sy we­sens­ver­dien­ste het met 7,3% – van R2,37 mil­jard tot R2,54 mil­jard – toe­ge­neem.

Ned­bank se klein­han­del­bank­kli­ën­te het met 2,8% toe­ge­neem tot 7,531 mil­joen. 2,702 mil­joen van hul­le, of­te­wel 36%, be­skou Ned­bank as hul pri­mê­re bank.

Die swak plaas­li­ke e­ko­no­mie­se toe­stan­de het Ned­bank We­alth ook ge­raak en dié af­de­ling het nie te waf­fers ge­vaar nie. Sy we­sens­ver­dien­ste was op R519 mil­joen 15,5% min­der as in die oor­een­stem­men­de ses maan­de ver­le­de jaar.

Ned­bank se tus­sen­tyd­se di­vi­dend is met 7% tot R6,10 per aan­deel op­ge­stoot.

Die aan­deel­prys het gis­ter op R217,99 (0,15% ho­ër) ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.