Mie­lie­re­kords spat

Ook so­ja sal weer 1 m. ton oor­skry

Beeld - - Sake - Lu­an van der Walt Lu­an van der Walt

2017 sal se­ker­lik ont­hou word as ’n uit­son­der­lik goeie produksiejaar vir die so­mer­saai­ge­bie­de.

Dit kom ná ’n sei­soen wat vol­gens die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens se sta­tis­tie­ke die droog­ste in 104 jaar was.

Hier­na het al­mal met groot af­wag­ting uit­ge­sien dat die nu­we sei­soen aan­breek. Die lan­de is voor­be­rei vir die groot saai, wat in groot ge­loof ge­doen is.

Ge­sprek­ke wat lui dat ons “van­jaar ’n goeie jaar sal no­dig hê”, was aan die or­de van die dag en dit was toe in­der­daad ’n goeie jaar.

Die sei­soen het goed ver­loop in die so­mer­saai­ge­bie­de, met guns­ti­ge weers­toe­stan­de wat ge­lei het tot re­kords in ver­skeie ge­bie­de en be­kers (si­lo’s) wat oor­loop van die op­brengs­te wat ge­kry word.

Ver­skeie re­kords spat

Vol­gens die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee (NOK) se ses­de pro­duk­sie­skat­ting van so­mer­graan vir die sei­soen lê ver­skeie re­kords aan sker­we.

Nie net toon die skat­ting ’n re­kord vir wit­mie­lie­pro­duk­sie van 9,507 mil­joen ton nie, maar dit word ook ge­kry deur ’n re­kord-wit­mie­lie­op­brengs van 5,79 t per hek­taar.

Die geel­mie­lie­op­brengs vir die sei­soen word ook op ’n re­kord­vlak van 6,56 t per hek­taar ge­skat.

Dit bring die to­ta­le mie­lie­pro­duk­sie vir die sei­soen op net meer as 15,96 mil­joen ton te staan – wat ook ’n na­si­o­na­le re­kord is teen ’n na­si­o­na­le ge­mid­del­de re­kor­dop­brengs van 6,08 t per hek­taar.

Die pro­duk­sie van an­der ge­was­se, soos so­ja­bo­ne, is ook baie goed.

Hier is ook twee re­kords dié sei­soen ver­be­ter, naam­lik die op­brengs en pro­duk­sie.

Die so­ja­boon­pro­duk­sie vir die sei­soen word op 1,34 mil­joen ton ge­skat teen ’n na­si­o­na­le ge­mid­del­de op­brengs van 2,34 t per hek­taar.

Dit is slegs die twee­de keer in die ge­skie­de­nis dat so­ja­boon­pro­duk­sie in Suid-A­fri­ka die mil­joen­ton­kerf oor­skry.

Pro­du­sen­te se le­we­rings

Die le­we­ring dié sei­soen het reeds vroeg van­jaar in ’n vin­ni­ge tem­po weg­ge­spring, met die vroeë le­we­ring vir die sei­soen wat in to­taal net dus­kant

800 000 t ge­draai het.

Die le­we­ring se­dert die aan­vang van die 2017-’18-be­mar­king­sei­soen het ook in ’n goeie tem­po toe­ge­neem.

Die gra­fiek toon die ver­ge­ly­king tus­sen die week­lik­se le­we­ring vir die hui­di­ge sei­soen teen­oor die vyf­jaar- ge­mid­del­de week­lik­se le­we­ring. Dit is dui­de­lik dat le­we­ring in ’n goeie tem­po plaas­vind. Vir ses op­een­vol­gen­de we­ke is meer as 1 mil­joen ton per week ge­le­wer.

Die ge­mid­del­de week­lik­se le­we­rings­tem­po van on­ge­veer 960 000 t per week se­dert die aan­vang van die be­mar­king­sei­soen be­gin Mei vir die hui­di­ge sei­soen is ook aan­sien­lik meer as die vyf­jaar- ge­mid­del­de tem­po van 645 000 t per week.

■ Lu­an van der Walt is ’n e­ko­noom van Graan SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.