Ju­lie se ster­re op die JSE

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Die JSE het in Ju­lie ’n re­kord­hoog­te­punt be­reik na­dat dit in die vo­ri­ge paar maan­de stoom be­gin ver­loor het.

Dit was ver­al myn­aan­de­le wat veld ge­wen het.

Die JSE se in­deks van alle aan­de­le het Ju­lie 7% ho­ër af­ge­sluit as Ju­nie, sê An­chor Ca­pi­tal in sy maan­de­lik­se ver­slag oor die beurs. Vir die jaar tot dus­ver is die in­deks 9% ho­ër.

Vol­gens An­chor Ca­pi­tal het die JSE in Ju­lie die bes­te maan­de­lik­se ver­to­ning se­dert Ok­to­ber 2015 ge­le­wer. Die beurs het op ’n hoog­te­punt van 55 207 pun­te ge­sluit. Die vo­ri­ge re­kord, van 55 188 pun­te, is op 26 A­pril 2015 be­haal.

An­chor Ca­pi­tal sê hoe­wel die in­deks van alle aan­de­le se sty­ging groot­liks toe te skryf is aan die sterk ver­to­ning van Nas­pers, wat so­wat 20% van die JSE se to­ta­le mark­waar­de uit­maak, was myn­maat­skap­pye van die groot­ste wen­ners in Ju­lie. Ses van die top­tien pres­teer­ders is in die myn­be­dryf.

Ge­volg­lik het die hulp­bron­in­deks (die Re­si 20) die maand 13,7% ho­ër af­ge­sluit. Vir die jaar tot dus­ver is dié in­deks 7,3% ho­ër.

Die ny­wer­heids­in­deks (die In­di 25) en die fi­nan­si­ë­le in­deks (die Fi­ni 15) het in Ju­lie met on­der­skei­de­lik 6,1% en 5,4% ge­styg en in die jaar tot dus­ver met on­der­skei­de­lik 16,4% en 1,2%.

Wat in­di­vi­du­e­le aan­de­le be­tref, was Lon­min die groot­ste wen­ner. Hy het 28,85% ho­ër ge­sluit na­dat hy in Ju­nie een van die groot ver­loor­ders was en 12,4% la­er ge­sluit het.

Die aan­deel wat in Ju­lie die swak­ste ge­vaar het, was EOH, wat 14,3% la­er ge­sluit het. Dit het ge­beur na­dat be­we­rings oor kor­rup­sie in ’n kon­trak met die a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid weer kop uit­ge­steek het, sê An­chor Ca­pi­tal.

EOH ont­ken die be­we­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.