NKR vat fi­nan­siers vas oor kar­li­sen­sies

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

Die Na­si­o­na­le K­re­die­tre­gu­leer­der (NKR) wil mo­tor­fi­nan­siers vas­trek as hul­le meer vra om jou li­sen­sie en re­gis­tra­sie na­mens jou te be­har­tig as wat dit hul­le werk­lik kos.

Die NKR het gis­ter be­kend ge­maak hy het fi­nan­siers ge­vra om te ver­dui­de­lik hoe­veel hul­le vra as hul­le die li­sen­sie- en re­gis­tra­sie­pro­ses na­mens men­se be­har­tig wat ’n nu­we voer­tuig op kre­diet koop.

Die kos­te hier­van word ge­woon­lik deel van die kre­die­toor­een­koms. Art. 102 van die Na­si­o­na­le K­re­diet­wet ver­bied kre­diet­ver­skaf­fers om hul klien­te meer vir mo­tor­li­sen­sies en re­gis­tra­sie te vra as wat die fi­nan­siers be­taal om dit te doen, sê M­ma­batho Se­ny­a­re­lo, waar­ne­men­de be­stuur­der ver­ant­woor­de­lik vir na­ko­ming by die NKR.

Li­sen­sie­ en re­gis­tra­sie­geld vir voer­tuie word deur el­ke pro­vin­sie be­paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.