Pa­s­op vir koop om te ver­huur

24% daar­van vir min­der ver­koop

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Wees baie ver­sig­tig as jy in vas­te ei­en­dom be­lê om dit te ver­huur – dit is dalk nie die be­leg­ging wat jy hoop dit sal wees nie.

Vol­gens FNB word byna ’n kwart (24%) van alle be­leg­gings­ei­en­dom uit­ein­de­lik vir min­der ver­koop as waar­voor dit ge­koop is.

Dit be­te­ken dat een uit vier men­se wat hoop om ryk te word as ver­huur­ders waar­skyn­lik ’n e­nor­me ver­lies ly, aan­ge­sien hul huur moont­lik nie so­wel die ei­en­dom se paai­e­ment as in­stand­hou­dings­kos­te en ver­be­te­rin­ge dek nie.

Voeg daar­by dat net 66% van huur­ders op die oom­blik hul huur ten vol­le én be­tyds be­taal en dit maak ei­en­dom ’n be­trek­lik ris­kan­te be­leg­ging.

FNB sê dit lyk al hoe waar­skyn­li­ker dat huis­pry­se van­jaar vir die twee­de op­een­vol­gen­de jaar gaan daal in­dien dit teen in­fla­sie ge­meet word.

John Loos, FNB se huis­hou­de­li­ke en ei­en­dom­stra­teeg, sê die fak­tor wat gaan be­paal of die huis­mark gaan ver­sterk of nie, is met hoe­veel die ren­te­koers ein­de­lik ver­laag gaan word. Die Re­ser­we­bank het die ren­te­koers op 20 Ju­lie met net 0,25 van ’n per­sen­ta­sie­punt ver­laag. Ju­lie se huis­prys­in­deks weer­spie­ël nog nie e­ni­ge im­pak daar­van nie.

Vir die eer­ste se­we maan­de van die jaar het huis­pry­se ge­mid­deld met 2,8% ge­groei – am­per die helf­te van die 5% vir die­self­de deel van 2016.

In re­ë­le waar­de – dus as huis­pry­se vir in­fla­sie aan­ge­pas word – het huis­pry­se van Ja­nu­a­rie tot Ju­nie van­jaar met -2,9% ge­groei. In die he­le 2016 het re­ë­le huis­pry­se met -1,2% ge­groei.

Tus­sen Ju­nie en Ju­lie het huis­pry­se byna on­ver­an­derd ge­bly met groei van net 0,04%. Loos be­skou die maand-tot­maand-groei as ’n goeie aan­wy­ser van die stand van die e­ko­no­mie.

In Ju­nie is na­ge­noeg 9,6% van alle ei­en­dom­me vir min­der ver­koop as waar­voor dit ge­koop is, ver­ge­le­ke met 10,2% in Mei en 22,66% in Au­gus­tus 2009. So­wat 6% van alle hui­se wat ver­koop word, word nou ver­koop vir net 0% tot 5% meer as waar­voor dit ge­koop is, dus met geen werk­li­ke prys­groei nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.