Mo­tor­ver­ko­pe styg in Ju­lie ‘be­moe­di­gend’

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Die ver­ko­pe van nu­we voer­tuie het in Ju­lie “be­moe­di­gend” ver­be­ter.

Die ver­be­te­ring is ge­lei deur nu­we pas­sa­sier­sen lig­te han­dels­voer­tuie, sê die Na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van Mo­tor­ver­vaar­di­gers (Naam­sa). Uit­voer­ver­ko­pe het ook ’n “e­nor­me” ver­be­te­ring ge­toon ver­ge­le­ke met ’n jaar ge­le­de. Mid­del­slag- en swaar voer­tuie bly wel onder druk.

Die ver­ko­pe van nu­we voer­tuie in alle klas­se, ook bak­kies en vrag­mo­tors, het in Ju­lie op ’n jaar­grond­slag met 1 849 een­he­de of met 4,1% ge­styg tot 46 719 teen­oor Ju­lie 2016 se 44 870 voer­tuie.

35 486 voer­tuie is in Ju­lie uit­ge­voer, 6 456 of 22,2% meer as in Ju­lie 2016.

Uit die aan­ge­mel­de be­dryfs­ver­ko­pe van 46 719 voer­tuie is 36 999 of 79,2% deur han­de­laars ver­koop: 13,8% aan die huur­mark, 3,1% aan maat­skap­pye se vlo­te en 3,9% aan die staat.

In Ju­lie is 30 826 nu­we pas­sa­siers­voer­tuie ver­koop, 1 791 mo­tors of 6,2% meer as die 29 035 in Ju­lie 2016.

Bin­ne­land­se ver­ko­pe van nu­we lig­te han­dels­voer­tuie, bak­kies en mi­ni­bus­se het in Ju­lie op 13 774 een­he­de te staan ge­kom, 231 meer as in Ju­lie 2016.

598 mid­del­slag­voer­tuie en 1 521 swaar voer­tuie is in Ju­lie ver­koop, on­der­skei­de­lik 16,1% en 3,7% min­der as in Ju­lie 2016.

Die bes­te wat van­jaar ver­wag kan word, is dat die­self­de ge­tal mo­tors as in 2016 ver­koop sal word, sê Naam­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.