Ward: Haaie wil nou ál­les wen

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie wil al hul oor­bly­wen­de Cur­rie­be­ker-wed­stry­de van­jaar wen.

En vol­gens die jong sen­ter Je­re­my Ward is dít ’n baie re­a­lis­tie­se doel­wit met die groep wat die K­waZu­lu-Na­tal­lers tot hul be­skik­king het.

“Ons wil on­oor­won­ne bly van nou af. Ons weet die vol­gen­de d­rie wed­stry­de gaan taai wees, want ons speel d­rie wed­stry­de in agt dae. Maar ons is ’n Haaie-groep wat graag wil goed vaar in die Cur­rie­be­ker­reeks en met die groep wat ons het, kan ons be­slis on­oor­won­ne bly,” sê Ward.

Die Haaie speel mô­re­aand teen die G­rie­kwas in Dur­ban. Daar­na reis hul­le Gau­teng toe vir ’n krag­me­ting met die Blou Bul­le op Lof­tus Vers­feld aan­staan­de Woens­dag en ’n stryd teen die Goue Leeus vol­gen­de Sa­ter­dag op El­lis­park.

Na­dat ’n B-span in die eer­ste ron­de slae ge­kry het teen die Vry­staat-C­hee­tahs het die Haaie ver­le­de week die Pu­mas met 29-0 op Kings­park ge­troef.

Ward het goed teen die Pu­mas ver­toon. Hy en Luk­ha­nyo Am het die po­ten­si­aal om in ’n gif­ti­ge mid­del­veld­kom­bi­na­sie te ont­wik­kel. “Ons het ’n paar wed­stry­de saam in die Su­per­rug­by-reeks ge­speel, maar toe was ek op bin­ne­sen­ter en Luk­ha­nyo op bui­te­sen­ter. “Ons het nou po­si­sies ge­ruil en ons het ver­le­de week ’n tyd­jie ge­neem om aan me­kaar ge­woond te raak. Ho­pe­lik kan ons ’n goeie kom­bi­na­sie vorm wat vir goeie uit­slae kan sorg,” sê Ward. Ward en Am sal weer on­der­skei­de­lik in die nr. 13- en nr. 12-trui teen die G­rie­kwas be­gin.

Ro­bert du P­reez, die Haaie se brei­er, het slegs twee ver­an­de­rin­ge aan sy span aan­ge­bring wat die Pu­mas ge­klop het.

Je­an-Luc du P­reez, S­pring­bok-steel­kant­flank, is ’n blaas­kans ge­gun. Ja­c­ques Ver­meu­len sal die nr. 7-trui teen die Pou­blou­es dra.

Die an­der skuif is ook onder die voor­spe­lers. Die slot Hy­ron Andrews het ’n skou­er­be­se­ring en Ty­ler Paul sal in sy af­we­sig­heid die nr. 4-trui dra.

Paul het hom voor die Cur­rie­be­ker-reeks van die Sout­hern Kings by die Haaie aan­ge­sluit. Hy was ’n staat­ma­ker op flank vir die Kings in die Su­per­rug­by-reeks.

■ Haaie: Garth A­pril, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward, Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, Cur­win Bosch, Mi­cha­el Claas­sens, Dan du P­reez, Ja­c­ques Ver­meu­len, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Ty­ler Paul, Ross Gel­den­huys, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAASVERVANGERS: Fran­co Ma­rais, Ju­an S­choe­man, John­Hu­bert Mey­er, Je­an Dros­te, Term M­tem­bu, Ca­me­ron W­rig­ht, In­ny Ra­de­be.

Fo­to: GALLO IMAGES

Je­re­my Ward druk ver­le­de week sy eer­ste Cur­rie­be­ker­d­rie teen die Pu­mas.

Je­an­Luc du P­reez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.