Sa­ru gee brei­ers werk

NU­WE REËLS IN CB BEPROEF

Beeld - - Sport - S­port­re­dak­sie

Cur­rie­be­ker-brei­ers en hul span­ne het skie­lik baie huis­werk voor dié na­week ge­kry, na­dat daar gis­ter aan­ge­kon­dig is dat die re­ël­proef­ne­mings wat in die Noor­de­li­ke Half­rond ge­doen word ook nou in Suid-A­fri­ka gaan geld.

Dié re­ël­wy­si­gings is eers van 1 Ja­nu­a­rie af van krag in die Sui­de­li­ke Half­rond, maar die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie het spe­si­a­le toe­stem­ming by Wê­reld­rug­by ge­kry om dit nou reeds plaas­lik toe te pas.

Dié proe­f­re­ëls fo­kus ver­al op die skeids­reg­ters se han­te­ring van skrums en die af­breek­pun­te. Dit geld van mô­re af in die Cur­rie­be­ker­reeks, en sal ook van krag wees in Suid-A­fri­ka se o.19-, o.20- en o.21-kom­pe­ti­sies.

Dié proe­f­re­ëls sal in die Pro14reeks, waar­in die Vry­staat-C­hee­tahs en Sout­hern Kings eers­daags speel, en in No­vem­ber ty­dens die Bok­ke se Eu­ro­pe­se toer geld, maar nie in die Rug­by­kam­pi­oen­skap nie.

Suid-A­fri­ka speel op sy jaar­eind­toer teen Ier­land, Frank­ryk, I­ta­lië en Wal­lis.

Die wy­si­gings is goed­ge­keur ná die ont­le­ding van om­vat­ten­de da­ta oor die s­pel, as­ook spe­lers, af­rig­ters en wed­stryd­be­amp­tes se te­rug­voe­ring in die toer­nooie waar­in hier­die wy­si­gings reeds voor­lo­pig beproef is.

Die wy­si­gings is soos volg:

1 Die in­gooi van die bal by die skrum

Daar sal nie meer ’n te­ken van die skeids­reg­ter wees om die skrum te voer nie. Die skrum­ska­kel moet die bal reg­uit by die skrum in­gooi, maar word toe­ge­laat om sy bui­ten­ste skou­er te rig op die denk­beel­di­ge lyn wat deur die mid­del van die skrum loop.

Doel van die re­ël: Om meer sta­bi­li­teit aan die skrum te ver­leen, ’n reg­ver­di­ge stryd om be­sit toe te laat, maar steeds die span wat die bal in­gooi te be­voor­deel.

2 Han­te­ring in die skrum

Die agt­ste­man word toe­ge­laat om die bal op te tel by die voe­te van die slot­te.

Doel van die re­ël: Om te ver­se­ker dat min­der skrums in duie stort.

3 Stut­te mag ook die bal haak

So­dra die bal die grond in die skrum raak, mag e­ni­ge voor­ry­spe­ler e­ni­ge voet ge­bruik om die bal te haak. Slegs een spe­ler van die span wat die bal in­gooi, mag die bal haak.

Straf as meer as een spe­ler pro­beer haak: Vrys­kop.

Doel van die re­ël: Om die stryd om be­sit reg­ver­di­ger te maak.

4 On­kant­ly­ne by duik­slae

Die spe­ler wat die duik­slag uit­voer, moet op­staan voor­dat hy die bal pro­beer gaps en mag dit slegs van sy eie kant (die so­ge­naam­de hek) van die duik­slag doen.

Doel van die re­ël: Om die duik­slag­los­skrum­si­tu­a­sie een­vou­di­ger vir die spe­lers en skeids­reg­ters te maak en meer in pas met die res van re­ël 15.4 te bring.

5 Los­skrums

’n Los­skrum ont­staan wan­neer min­stens een spe­ler op sy voe­te en óór die bal op die grond is (die spe­ler wat die duik­slag uit­ge­voer het of die spe­ler wat ge­duik is). So­dra die los­skrum ont­staan, is daar on­kant­ly­ne.

Spe­lers op hul voe­te mag hul han­de ge­bruik om die bal op te tel, mits dit on­mid­del­lik ge­beur. So­dra ’n spe­ler van die op­po­ne­ren­de span die los­skrum be­tree, mag geen han­de ge­bruik word nie.

Doel van die re­ël: Om los­skrums een­vou­dig vir spe­lers en skeids­reg­ters te maak.

6 An­der los­skrum­oor­tre­dings

’n Spe­ler mag nie die bal uit ’n los­skrum skop nie. ’n Spe­ler mag dit slegs ag­ter­toe uit­haak met die ste­wel.

Straf as die bal uit ’n los­skrum ge­skop word: Straf­skop.

Doel van die re­ël: Om be­se­rings te ver­hoed en om dit in pas te bring met die re­ël wat in die vas­te skrums geld.

Die ses nu­we wy­si­gings was deel van die oor­spronk­li­ke her­sie­nings­pro­ses van die reëls in 2015.

Ja­co Pey­per

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.