Dob­son lê die snoei­skêr in by WP

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se af­rig­ter, John Dob­son, gaan waar­skyn­lik die snoei­skêr in­lê met sy span­keu­ses vir Sa­ter­dag se Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen die Pu­mas op Nu­we­land.

Te oor­deel na die S­treep­truie se oe­fen­ses­sies dié week, lyk dit as­of twee S­pring­bok­ke wat in Ju­nie teen Frank­ryk ge­speel het, die vleu­el Dil­lyn Leyds en die ha­ker Bon­gi M­bo­nam­bi, in die be­gin­span gaan wees.

’n Hand­vol van die S­tor­mers se spe­lers wat blaas­kans ge­kry het en nie vir ver­le­de week se wed­stryd teen die Vry­staat-C­hee­tahs oor­weeg is nie – die bui­te­sen­ter EW Vil­joen, die los­ska­kel Da­mi­an Wil­lem­se en die agt­ste­man Ni­zaam Carr – kan straks te­rug­keer.

Twee spe­lers wat in die ne­der­laag van 17-30 teen die C­hee­tahs in die be­gin­span was, die agt­ste­man Sik­hum­bu­zo Nots­he en vas­kop­stut Wil­co Louw, het glo al­bei lig­te knie­be­se­rings en is ge­volg­lik van­dees­week bui­te ak­sie.

Die los­kop­stut Ali Ver­maak, die slot­paar van Chris van Zyl en JD S­chic­ker­ling, die flank Ko­bus van Dyk, die skrum­ska­kel Jus­tin P­hil­lips, die bin­ne­sen­ter Dan K­riel, die vleu­el Se­a­be­lo Se­nat­la en die heel­ag­ter SP Ma­rais is waar­skyn­lik die e­nig­ste spe­lers wat hul plek­ke in die be­gin­span gaan be­hou.

Hier­die wed­stryd gaan na ver­wag­ting ook ’n groot oom­blik vir die flank S­te­ph de Wit wees.

Dit sal sy eer­ste keer in die WP se op­draf­span vir ’n CB-wed­stryd wees na­dat hy ver­le­de week sy bui­ging, as ’n plaas­ver­van­ger, met ’n d­rie ge­vier het.

De Wit, wat die Goue Leeus vir die WP ver­ruil het, was ge­oor­merk om ’n bal­jag­ters­rol vir die S­tor­mers in die Su­per­reeks te ver­vul.

Hy het eg­ter ’n raps meer as ’n maand voor die Su­per­reeks se af­skop sy en­kel op die oe­fen­veld ge­breek en het eers laat in die S­tor­mers-veld­tog sy bui­ging ge­maak.

“Dit was in ’n op­warm­wed­stryd wat in chuk­kas van 20 mi­nu­te teen die Ma­ties ge­speel is. Ek het van die af­skop af ’n duik­slag pro­beer maak, maar skeef op my en­kel ge­land,” sê De Wit.

“Dis ui­ter­aard nie hoe ek my tyd in die Kaap wou be­gin het nie. ’n Mens kan eg­ter nie be­paal wat­ter uit­da­gings jou kant toe kom nie, maar wel hoe jy daar­op reageer.”

Oor sy be­sluit om sy rug­by in die Moe­der­stad te kom speel, sê De Wit hy het “ge­roe­pe ge­voel” om Kaap toe te kom. So­lank as wat die Bok-flank Ja­co K­riel fiks was, sou dit ook vir hom ge­lol het om die Leeus se span te haal.

“Dit was ’n moei­li­ke be­sluit om die Leeus te ver­laat, want ons het ’n broe­der­skap ge­had. My fa­mi­lie is ook daar­die kant, maar dit was ’n loop­baan­be­sluit,” sê De Wit.

“As ’n mens ’n skuif maak, is dit om meer speel­kans te kry.”

Oor wat om van hom te ver­wag, sê De Wit hy is meer as net ’n spe­ler wat bal toe speel by die af­breek­pun­te.

“Ek hou ook daar­van om aan­slui­ting met die ag­ter­spe­lers te vind en sal graag aan my­self wil dink as ’n af­ge­ron­de los­voor­spe­ler, nie ’n een­di­men­si­o­ne­le een nie,” sê hy.

“Ek sal die bal steel as die ge­leent­heid hom voor­doen, maar my nie uit­sluit­lik daar­op toe­spits nie.”

■ ’n Moont­li­ke WP­be­gin­span: SP Ma­rais, Dil­lyn Leyds, EW Vil­joen, Dan K­riel, Se­a­be­lo Se­nat­la, Da­mi­an Wil­lem­se, Jus­tin P­hil­lips, Ni­zaam Carr, Riem­pies van Dyk, S­te­ph de Wit, JD S­chic­ker­ling, Chris van Zyl (k), Frans van Wyk, Bon­gi M­bo­nam­bi, Ali Ver­maak.

Da­mi­an Wil­lem­se be­hoort Sa­ter­dag teen die Pu­mas op Nu­we­land uit te draf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.