Kings sál ’n me­de­din­gen­de span hê, be­loof Crous

Beeld - - Sport - Mi­cha­el Green De­on Da­vids

De­on Da­vids werk reeds ’n ge­rui­me tyd vol­stoom ag­ter die skerms om te ver­se­ker dat die Sout­hern Kings vol­gen­de maand ’n me­de­din­gen­de span vir hul eer­ste wed­stryd in die nu­we Pro14-reeks op die veld sal kan stoot.

“De­on moet nog sy kon­trak on­der­te­ken, maar ek glo ons sal bin­ne­kort die no­di­ge aan­kon­di­ging kan doen dat hy weer die hoof­af­rig­ter is,” sê C­harl Crous, die Kings se be­dryfs­hoof.

“Ons wil kon­ti­nu­ï­teit ten op­sig­te van die he­le af­rig­ting­span (wat in die Su­per­reeks be­trok­ke was) be­hou. Vuyo Zang­qa (ag­ter­lyn­af­rig­ter) het wel in­tus­sen ’n pos in Duits­land (as se­wes­af­rig­ter van die na­si­o­na­le span) aan­vaar.”

Die Kings sal ook ’n nu­we teg­nie­se ont­le­der moet kry, met Lind­say Wey­er wat nou by die S­pring­bok­ke be­trok­ke is.

Crous sê hy ver­staan die nuus­kie­rig­heid van die pu­bliek oor wat­ter spe­lers vir die Kings gaan uit­draf.

“Weens die sen­si­tie­we aard van die on­der­han­de­lin­ge en die laat amp­te­li­ke aan­kon­di­ging van ons in­slui­ting, kan ek nie nou na­me be­kend maak nie,” sê Crous.

“Ek glo wel ons sal ’n me­de­din­gen­de span kan kies. Maar men­se moet pro­beer om die gro­ter p­rent­jie te sien – ons is nou vir die eer­ste keer vir ’n se­ke­re tyd­perk (d­rie jaar) deel­na­me aan ’n top in­ter­na­si­o­na­le reeks ge­waar­borg.”

Crous sê hy hoop die Kings se on­der­steu­ners aan­vaar die span se deel­na­me aan die reeks.

“Om­dat ons vir d­rie jaar in die reeks is, werk ons aan ’n kon­trak­stel­sel wat ons sal help om oor ’n tyd­perk ’n span te kan bou,” sê hy.

“Ons wil nie dat ons weer, soos in die ver­le­de, te veel op leen­spe­lers moet staat­maak nie.”

Vol­gens Crous is daar “’n mas­sie­we fo­kus” om al­les “so vin­nig moont­lik” reg te kry vir die Kings se eer­ste wed­stryd op 2 Sep­tem­ber teen ’n teen­stan­der wat nog be­kend ge­maak moet word.

“Ons kan al vol­gen­de week be­gin oe­fen en ho­pe­lik sal ek dan na­me kan gee,” sê hy.

Hoe­wel Crous nie na­me wil rond­gooi nie, klink dit in die wan­del­gan­ge van die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on of die Kings da­rem wel ’n kern­groep van van­jaar se Su­per-span be­skik­baar sal hê.

Dit kan spe­lers soos S­chalk Fer­rei­ra, Ber­ton Klaas­en, An­di­sa Nt­si­la, Lu­zu­ko Vu­lind­lu en Yaw Penxe in­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.