Saids skors top­vrou­e­at­leet 8 jaar lank

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Lou­isa Le­bal­lo, een van die land se voor­ste pad­at­le­te, is vir agt jaar ge­skors na­dat sy po­si­tief ge­toets het vir die ge­bruik van ’n ver­bo­de mid­del én glo die toets­pro­ses pro­beer on­der­myn het.

Le­bal­lo het in A­pril van­jaar nog die Kaap­stad­se wed­loop van die na­si­o­na­le 10 km-reeks vir vroue ge­wen.

Dié straf, wat deur die SuidA­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir D­welm­vrye Sport (Saids) op­ge­lê is, is een van die swaar­stes die af­ge­lo­pe de­ka­de.

Dié 39-ja­ri­ge at­leet het in Maart po­si­tief ge­toets en is op 19 Ju­lie van die skor­sing in­ge­kon­des lig. Sy het des­on­danks glo pro­beer in­skryf vir Sa­ter­dag se P­re­to­ria-wed­loop, wat deel is van die na­si­o­na­le 10 km-reeks.

Ri­chard S­tan­der, uit­voe­ren­de hoof van At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA), het aan At­le­tiek Gau­teng-Noord (AGN) ’n brief ge­stuur waar­in hy hul­le van die skor­sing in­lig.

“ASA is deur Saids in­ge­lig dat Le­bal­lo in­ge­skryf het vir die S­par-vrou­e­wed­loop in P­re­to­ria,” sê S­tan­der in die brief waar­in hy die or­ga­ni­seer­ders vra om haar naam van die weg­spring­lys te ver­wy­der.

Vol­gens Saids is Le­bal­lo se mon­ster na Bel­gië ge­stuur waar dit ont­leed en te­kens van e­ri­tro­po­ïe­tien ge­vind is.

“Dit word ook be­weer dat die P­re­to­ria-at­leet Saids se toets­be­amp­te pro­beer oor­reed het om haar op­kik­ker­toets te kan­sel­leer,” het Saids in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Le­bal­lo was in 2010 ’n lid van die Suid-A­fri­kaan­se span vir die half­ma­ra­thon-Wê­reld­by­een­koms wat in C­hi­na ge­hou is. Sy het 31ste ge­ëin­dig en was die land se voor­ste vrou­e­at­leet op dié by­een­koms.

Le­bal­lo se skor­sing volg kort op die nuus dat die na­si­o­na­le kam­pi­oen in die 110 m-hek­kies, Ti­aan S­mit, vir vier jaar aan geen by­een­koms­te mag deel­neem nie. Hy het po­si­tief ge­toets vir die ge­bruik van C­len­bu­te­rol.

Fo­to: GALLO IMAGES

Lou­isa Le­bal­lo steek in A­pril die wen­streep eer­ste oor in die Kaap­stad­se 10 km­wed­loop vir vroue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.