Hou dié 5 in Lon­den dop

Beeld - - Sport -

Die wê­reld se oë is van mô­re in Lon­den ge­rig op die Wê­reld­by­een­koms, met die voor­ste at­le­te wat hul stem­pel op een van at­le­tiek se groot­ste ver­hoë pro­beer af­druk. Wim P­re­to­ri­us kyk na vyf i­tems wat die ver­beel­ding kan aan­gryp:

Mans 100 m: Eind­ron­de, Sa­ter­dag, 5 Au­gus­tus, 22:50.

Usain Bolt se swa­ne­sang sal son­der twy­fel vir vroeë vuur­werk sorg.

Na­dat hy in 2008 die 100 m­wê­reld­re­kord by die O­lim­pie­se S­pe­le in Bei­jing ver­be­ter het, het hy dit in 2009 weer ge­doen by die Wê­reld­by­een­koms in Ber­lyn, Duits­land.

Sy re­kord van 9.58 sek. staan steeds.

Bolt sal vir ou­laas op sy stuk­ke moet wees, met die O­lim­pie­se kam­pi­oen wat tans die se­wen­de p­lek op die 2017­wê­reld­rang­lys be­klee met ’n tyd van 9.95.

Chris­ti­an Co­le­man (9.82), Yo­han Bla­ke (9.90), A­ka­ni Sim­bi­ne (9.92) en Jus­tin Gat­lin (9.95) kan dalk sy par­ty­tjie be­derf.

Mans 200 m: Eind­ron­de, Don­der­dag, 10 Au­gus­tus, 22:50.

Oor een ding is daar geen twy­fel nie: die wê­reld sal ’n nu­we wê­reld­kam­pi­oen in die 200 hê.

Vir die eer­ste keer in 12 jaar sal die naam Usain Bolt nie op die weg­spring­lys pryk nie.

Die wê­reld­re­kord­hou­er het in 2009, 2011, 2013 en 2015 die goue me­dal­je in dié i­tem ver­o­wer.

In sy af­we­sig­heid

sal die oë op Suid­A­fri­ka se Way­de van Nie­kerk wees, met Botswa­na se I­saac Makwa­la wat moont­lik vir ’n ver­ras­sing kan sorg.

Van Nie­kerk het in Ju­nie 19.84 in Ja­mai­ka ge­hard­loop. Makwa­la het eg­ter ver­le­de maand in Ma­drid die 200 in 19.77 af­ge­blits vir die voor­ste p­lek op die rang­lys.

Ver­der moet Bla­ke, Sim­bi­ne, And­re de Gras­se (Ka­na­da) en I­si­ah Young (VSA) ook nie on­der­skat word nie.

Mans 400 m: Eind­ron­de: Dins­dag, 8 Au­gus­tus, 22:50.

Gaan Way­de van Nie­kerk die eer­ste at­leet word om die 400 in onder 43 se­kon­des te hard­loop? Dít is die groot vraag.

Dié Vry­sta­ter het van­jaar in Lau­san­ne, S­wit­ser­land, ’n tyd van 43.62 aan­ge­te­ken en dit was op­val­lend dat hy die voet van die ver­snel­ler af­ge­haal het voor­dat hy die wen­streep oor­ge­steek het.

Dit is ook die voor­ste tyd in dié i­tem in 2017.

Die A­me­ri­ka­ner F­red Ker­ley (43.70) en Makwa­la (43.84) het ook al van­jaar vin­ni­ger as 44 s ge­hard­loop.

Vol­gens die A­me­ri­kaan­se me­dia het Ker­ley die ver­moë om Van Nie­kerk te ont­troon.

Die praat­werk sal eg­ter op die baan ge­doen moet word en nie langs­aan nie.

Vroue 800: Eind­ron­de: Son­dag, 13 Au­gus­tus, 21:10.

Suid­A­fri­ka se O­lim­pie­se kam­pi­oen Cas­ter Se­me­nya en Bu­run­di se Fran­ci­ne Niyon­sa­ba kan vir ’n ril­ler­stryd sorg om die goue me­dal­je.

Se­me­nya het die vin­nig­ste tyd van die jaar in Mo­na­co ge­hard­loop toe sy in 1:55.27 ge­se­ë­vier het. Die twee­de vin­nig­ste tyd was Niyon­sa­ba se 1:55.47.

Ver­der kan A­jee Wil­son van die VSA ook in hul nek blaas. Wil­son het al ’n 1:55.61 ge­hard­loop.

Vroue 100­hek­kies: Eind­ron­de: Sa­ter­dag, 12 Au­gus­tus, 21:05.

Die naam op al­mal se lip­pe sal dié van Ken­dra Har­ri­son wees. Sy het reeds die voor­ste tyd in die wê­reld in 2017 ge­hard­loop toe sy in Hon­ga­rye die wen­streep in ’n tyd van 12.28 oor­ge­steek het.

Sy het vyf dae la­ter in Lon­den ’n 12.39 ge­hard­loop en vyf van die voor­ste tien tye van­jaar staan ag­ter haar naam.

Moet eg­ter nie vir Sal­ly Pe­ar­son van Aus­tra­lië bui­te re­ke­ning laat nie. Pe­ar­son is in 2011 as die wê­reld­kam­pi­oen en in 2012 as O­lim­pie­se kam­pi­oen ge­kroon. Sy spog met ’n sei­soens­bes­te tyd van 12.48 s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.