Laas­te toets spook al ja­re lank by Pro­te­as

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Sal die Pro­te­as van mô­re af die krie­ket­toets­reeks teen En­ge­land in Man­ches­ter kan red of het die span klaar een voet op die vlieg­tuig huis toe?

Die vier­de en laas­te toets word op Old Traf­ford be­slis en die Pro­te­as móét wen om ’n reek­stel­ling van 2-elk af te dwing.

Suid-A­fri­ka sal ’n lang ge­skie­de­nis van swak ver­to­nings in die laas­te toets van reek­se in En­ge­land moet oor­kom om dít te ver­mag.

Suid-A­fri­ka het se­dert sy te­rug­keer na in­ter­na­si­o­na­le sport vyf reek­se in En­ge­land ge­speel en in die eer­ste vier het hy die laas­te toets ver­loor. Net in 2012 op Lord’s het die Pro­te­as ge­wen. Suid-A­fri­ka was toe met 1-0 voor in die reeks en die oor­win­ning met 51 lo­pies het die Pro­te­as ’n reeks­se­ge van 2-0 be­sorg.

In die toets op die O­val in 1994 het Suid-A­fri­ka die laas­te krag­me­ting met ’n voor­sprong van 1-0 be­gin. ’n Ver­woes­ten­de skof deur die blits­bou­ler De­von Mal­colm (9/57) het die toets vir En­ge­land ge­wen en die reeks ge­lyk­op laat ein­dig.

In 1998 het dié span­ne met 1-1 ge­lyk ge­trek voor die laas­te toets op He­a­ding­ley in Leeds. En­ge­land het die toets met 23 lo­pies ge­wen.

Suid-A­fri­ka was met 2-1 voor in die reeks in 2003 voor die laas­te toets op die O­val.

Suid-A­fri­ka het in dié toets ’n won­der­li­ke eer­ste dag be­leef op 362/4. Maar die Pro­te­as het in duie ge­stort en met ne­ge paal­tjies ver­loor.

In 2008 het die Pro­te­as die reeks met 2-0 be­klink voor die laas­te toets, ook op die O­val. Ke­vin Pie­ter­sen het En­ge­land die eer­ste keer aan­ge­voer. Hul­le het met ses paal­tjies ge­wen.

Een van die re­des vir SuidA­fri­ka se ge­suk­kel in vier­de toet­se is waar­skyn­lik die feit dat toe­re na En­ge­land van die lang­stes op sy ka­len­der is. Van die spe­lers is al se­dert mid­del Mei in En­ge­land.

En dis nie mak­lik om die laas­te toets van ’n reeks te wen om ’n reeks­ne­der­laag af te weer nie.

Die laas­te keer dat Suid-A­fri­ka dít ver­mag het, was in Ja­nu­a­rie 2010 toe hy En­ge­land op die Wan­de­rers ge­klop het na­dat Da­le S­teyn en Mor­né Mor­kel die En­gel­se stuk­kend ge­boul het om die reeks met 1-1 ge­lyk­op te laat ein­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.