Mar­nitz Bos­hoff deur Con­nacht vry­ge­stel

Beeld - - Sport -

Die Ier­se rug­by­span Con­nacht het die een­ma­li­ge S­pring­bok Mar­nitz Bos­hoff van sy kon­trak vry­ge­stel ná die af­ster­we van sy pa.

Bos­hoff (28), wat tans in SuidA­fri­ka is, het die ver­soek ge­rig om vry­ge­stel te word so­dat hy na­der aan sy fa­mi­lie kan wees.

Hy het hom in Ok­to­ber ver­le­de jaar by Con­nacht aan­ge­sluit, maar is in sy twee­de wed­stryd vir die Ier­se span, teen die I­ta­li­aan­se span Be­net­ ton T­re­viso, be­seer en het ge­suk­kel om sy rit­me te vind.

“Ek is Con­nacht dank ver­skul­dig vir die be­grip om my in die laas­te jaar van my kon­trak vry te stel ná ’n moei­li­ke sei­soen vir my op die veld en daar­van af,” sê Bos­hoff in ’n me­di­a­ver­kla­ring deur Con­nacht Rug­by.

Bos­hoff het sy e­nig­ste toets vir Suid­A­fri­ka as plaas­ver­van­ger in 2014 teen S­kot­land in Port E­li­za­beth ge­speel. – S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.